Dr. Nandi bly nog langer agter tralies

Dr. Nandipha Magudumana Woensdag in die hof. (Foto: Skermgreep)

Thabo Bester se vriendin, dr. Nandipha Magudumana, bly tot minstens volgende week nog agter tralies.

Magudumana en sommige van haar medebeskuldigdes se borgtogaansoeke sou na verwagting Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof aangehoor word. Die saak is egter tot 11 Mei uitgestel.

Nog twee beskuldigdes, Tieho Makhotsa en Natassja Jansen, is wel tydens vandag se verrigtinge as beskuldigdes 7 en 8 tot die saak gevoeg. Makhotsa en Jansen is albei voormalige werknemers van die private veiligheidsmaatskappy G4S.

Die groep word daarvan beskuldig dat hulle ’n aandeel gehad het in Bester, ’n veroordeelde moordenaar en verkragter, se ontsnapping uit die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein verlede jaar.

Magudumana was vandag weer in ’n sweetpaktop geklee, maar het nie haar gesig soos met ’n vroeëre verskyning verskuil nie.

Magudumana se pa, Zolile Sekeleni, is vroeër reeds op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Die beskuldigdes staan tereg op verskillende aanklagte, onder meer dwarsboming van die gereg, medepligtigheid, brandstigting en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

TruthDealer ·

Ek sou onder geen omstandighede vir haar of Thabo borg toegestaan het nie. Dis mos nou al kristal helder dat hulle hele netwerke helpers het. Veels te groot kans dat hulle weer gaan verdwyn.

Maritza ·

Thabo sal nie borgtog kry nie want hy is klaar skuldig bevind aan moord

SjN ·

Hou hulle agter tralies, hul weet mos wat hul gedoen het, hoekom borg kry en weer verdwyn pil drink.

Danie ·

Wel Thabo is n veroordeelde misdadiger hy kan nooit borg kry nie aan die ander kant kan die DR wel aansoek doen dis haar volste reg.Die vraag is wat se bewyse die eerlike polisie het om dit teen te staan.

Lubbe ·

Volgens die berig beteken dit dan dat sy volgende week gaan borg kry. Dit na sy so paer weke terug land uit gevlug het. Solank sy haar vervalsde paspoort inhandig dan kan sy mar huis toe gaan. Dit gaan darm mar lekker hier in SA

Republikein in die Wes Kaap ·

Gelukkig is ek nie haar pasiënt nie.

Niklaas ·

Sy sal met borg verdwyn in die niet. Almal kan dit maar weet

skurweberg ·

Nie eers die jare-lange studie kon haar lewens en groundbreaking verander nie. Dit het haar baie slimmer gemaak met eerste-wêreld-kennis. As dit die uitwerking wat geleerdheid het, weet ek nie mooi nie.

Jacobus ·

Dit het die belastingbetaler 1.4 miljoen rand gekos om hierdie voortvlugtende “Dr” uit Tanzanie te laat terugkeer nou wil sy borgrog he. Ek wonder hoeveel sal die rekening wees vir n vlug terug uit Kanada?

Chris ·

Hoe, vra ek kan die vrou by Bester staan met sy kriminele rekord? Anders is daar ander geraamtes in haar kas

Sêmanet ·

Ek sou ook nie dink sy moet nog die titel van Dr. hê nie. Het julle gesien op die nuus hoe hulle soentjies waai asof hulle celebs is? Geen spyt, Geen borg. Geen titel. Ek wil ook droogmaak sodat ek ‘n celeb kan wees, dan kry ek dalk nog ook ‘n pos in die parlement. Dalk Burgemeester van JNB.

Nico ·

Daar is nie meer plek in die landse tronke nie, dit is die rede dat daar soveel borg geld ontvang word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.