Drie dood ná brand by kindersorgsentrum

Argieffoto bloot ter illustrasie van ‘n huisbrand. 

’n Volwasse vrou en twee jong kinders is dood nadat ’n brand Donderdagaand by ’n kindersorgsentrum in Boksburg aan die Oos-Rand uitgebreek het.

Die brand is vermoedelik deur ’n kers veroorsaak wat aangesteek is nadat die krag vroeër die aand afgegaan het. Dit is nie duidelik of die kragonderbreking aan die huidige fase 2-beurtkrag toegeskryf kan word nie.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-rampbestuurdiens, sê die nood- en brandweerdiens is om 22:48 na die vierslaapkamerhuis in Villa Liza ontbied waar lede van die publiek verwoed probeer het om die vlamme met emmers vol water te blus.

’n Vrou in haar vyftigs en twee meisies, onderskeidelik sewe en agt jaar oud, is op die toneel dood verklaar. Die slagoffers is vermoedelik weens rookinaseming dood.

Twee tienerseuns het ongedeerd van die voorval afgekom.

Nege brandbestryders het gespook om die vlamme te blus voordat die wetstoepassingsowerhede die toneel oorgeneem en ’n ondersoek van stapel gestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swerwer ·

Natuurlik is dit Beurtkrag se skuld, as ddie krag nie vroeêr die aand afgegaan het nie, sou die kers nie aangesteek gewees het nie.

George ·

Nog moorde voor Ramaposa se deur, sy hande is nou al goed bebloed. Eskom is die oorsaak van die.

Jr ·

In twee dae alleen is Rama magerien verantvoodlik vir die moord van die mense in NW met die potholes en nou hierdie mense ook. Direk toegewy aan lack of services

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.