Drie dood, talle beseer ná bakkie omslaan

Die bakkie wat omgeslaan het. (Foto: Verskaf)

Drie mense is Maandagoggend dood nadat ’n afleweringsvoertuig op die R40 naby Hazyview in Mpumalanga omgeslaan het.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die bakkie met verskeie insittendes omstreeks 07:00 omgeslaan.

Drie mense is op die toneel dood verklaar terwyl een in ʼn kritieke toestand met ʼn lugambulans na die Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela gevlieg is.

Vier persone met ernstige beserings en 17 ander met geringe tot matige beserings is na die Matikwane-hospitaal en Themba-hospitaal in onderskeidelik Bushbuckridge en Kabokweni gehaas.

Volgens Mmusi is die oorsaak van die motorongeluk nie in die stadium duidelik nie.

ʼn Saak van strafbare manslag is by die polisie aanhangig gemaak, terwyl Gabisile Tshabalala, provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, reeds die ongelukstoneel vanoggend besoek het.

Tshabalala het ʼn beroep op motoriste gedoen om versigtiger te bestuur en die padreëls na te kom.

Die LUR het ook haar medelye met die slagoffers se familie uitgespreek en diegene in hospitale ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

koos ·

25 mense in of op die voertuig teen gemiddeld 80kg per persoon het daai bakkie 2 TON gedra. Waar is respek vir die wette en die wetstoepassers om die soos ding te voorkom?

cc van pr ·

Koos,ek was die afgelope naweek in daardie omgewing. Geen respek vir die padverkeerswet nie. Ek was stomgeslaan. Dubbele sperstrepe beteken net mooi niks. Geen hoop.

Annie ·

Shog! 3 dood + 4 ernstige beseer + 17 ander gering tot matig beseer = 21 persone vervoer met die bakkie … en hulle weet sowaar nie wat is die oorsaak van die ongeluk nie?

Rerig??

Anoniem ·

3 plus 17 plus 4 = 24

So die aflewerings voertuig was oorlaai en as gevolg daarvan is 3 mense dood

Hoe onregverdig ! Die eienaar / drywer gaan net mooi niks oorkom nie

Jakes ·

Dalk het ek dit verkeerd, maar ek dog dit is nou wetgewing dat mense nie agter op n oop voertuig kan vervoer word op openbare paaie nie.

GM ·

Wiskunde is nie nou belangrik nie, maar ek tel ook 25.
Drie dood, een kritiek, 4 met ernstige beserings, 17 met geringe tot matige beserings.
Hulle weet nie wat die ongeluk veroorsaak het nie? Ha.
Afleweringsvoertuig wat mense aflewer – dis dalk die probleem hier nè?

chrisjan ·

Lyk my eerder na ‘n Isuzu.Wat ook al ,hy was hopeloos oorlaai gewees.

Ep ·

Die ou na Rob Ferreira hospitaal hoop hy maak dit want daardie hospitaal staan bekend as jy wil dood gaan, gaan net na Rob toe dis mahala !!!

siener ·

Die tyd het ryp geword dat die bestuurder en al die passasiers regtelik vervolg moet word. Dis hulle wat veroorsaak dat ander wetgehoorsame padgebruikers sterf en seerkry. Elke passasier moet weet dat oorlading ‘n gevaar en probleem is. Niemand forseer ‘n passasier om in ‘n voertuig te klim nie. Hou by die reels of jy gaan vervolg word.

Hanna Hoekom ·

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie? Regtig? Die voertuig was hopeloos oorlaai. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.