“Twee polisiebeamptes is in Nyanga vermoor en een polisiebeampte is in Mfuleni vermoor,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die polisiebeampte wat in Mfuleni vermoor is, was nie aan diens nie en is deur ‘n onbekende aantal verdagtes doodgeskiet.
Die twee ander polisiebeamptes is in Nyanga doodgeskiet toe hulle reageer het op ‘n klag van ‘n voertuig wat gekaap is.
Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.