Drie mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdag in ʼn park in Benoni aan die Oos-Rand neergestort en aan die brand geslaan het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die park is naby Rasebetsiweg in Wattville geleë.
“Die vliegtuig, wat op sy dak gelê het, was besig om te brand toe paramedici van ER24 en ander nooddienste by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê. “Daar was drie mense in die wrak. Hulle het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen.”
Geen verdere besonderhede is in die stadium bekend nie. Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die ongeluk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Jammer vir die oolrledenis en hul familie en vriende.
Daar dadelik om die vraag op waaraan is die ongeluk toe te skryf? As gevolg van instandhouding?
Altyd jammer om te lees van n vliegtuig wat neergestort het met noodlottige gevolge en dink aan die naasbestaandes.
My innige meegevoel met die familie en vriende wat die mense verloor het Dit is baie baie hartseer .JESUS.het SY kinders kom haal.En so wag ons ander om ook na ons VADER te gaan ons weet net nie die dag nie.Die geliefdes wat weg geval het is nou by GOD ons liefdevolle VADER
Ek het op die radio gehoor dat dit op ‘n skoolterein was en dat die kinders gelukkig almal in die skool was anders kon daar dalk chaos gewees het. Op die foto kan’n mens sien dit was op ‘n netbalbaan.