Drie mense is in hegtenis geneem op aanklag van moord na die dood van ʼn man by ʼn inisiasieskool in die Vrystaat.
Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes, almal onderwysers by die inisiasieskool, is Dinsdag in hegtenis geneem.
“Sabata Tladi (36) het na bewering opleiding ontvang by die Hapashasha-inisiasieskool op ʼn plaas in Rosendal. Hy is glo op 7 Desember met ʼn stok aangerand en agter ʼn perd gesleep. Een van die onderwysers het glo op die perd gery.”
Volgens Dhlamini is ʼn saak van aanranding aanhangig gemaak nadat ʼn inspekteur die inisiasieskool besoek het. “Hy het op Tladi afgekom en hom na die Rosendal-polisiestasie geneem.” Tladi is in die Senekal-hospitaal opgeneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.
Die verdagtes, tussen 27 en 49 jaar oud, sal Donderdag in die Ficksburg-landdroshof verskyn. Die inisiasieskool is intussen gesluit.
Om so onmenslik behandel te word on as ‘n stamlid erken te word is wreed!
Barbaarse optrede. Dan wil sulke mense die land regeer!
Hoe verdraai is ons samelewing.. Die media gons oor ontgroening en iemant wat se gesig vol verf is, en dan is elke minister in sy kar oppad om te gaan eiers lê. Hieer word ‘n mens dood gemaak en talle mishandel/geknou en die ‘skooleienaars’ kry betaling daarvoor?!
Ek wil hoor of enige van ons politici ‘n woord hieroor gaan rep of is dit nie so ‘n ernstige misdaad as om iemand in ‘n kis te sit en net te dreig nie?
Jy vra dit. Ek wil ook graag weet. En hierdie daad is teen hul eie mense gedoen, hoe moet n mens dit verstaan. Ek wil ook graag weet wat die politici hieroor te se gaan he, AS daar enigeiets te se gaan word!!!! Maar die wit ou het net dreigemente gemaak teen die ou in die kis en kyk watter boehaai is daaroor gemaak.!
As dit n wit man op die perd was was daar n groot ontploffing van rasisme in die media. As n wit man die persoon aangerand het met n stok was dit rasisme. Wonder of die politieke partye nou ook gaan uitvaar teen die skole of dit gaan afskryf as Culture.
Ek het iewers gehoor dat daar weer etlike sterftes by inisiasieskole was, selfs soveel as ag, Ek kon egter geen berig in die plaaslike gedrukte media daaroor kry nie. Maroela kan gerus sy lesers hieroor inlig.
Dagsê Frans
Maroela Media het vroeër berig minstens 10 persone is reeds dood by inisiasieskole:
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/tien-reeds-dood-by-inisiasieskole/
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Alles in die naam van CULTURE. Gaan seker weer net ‘n nuwe lemmetjie en ‘n perd kry. Die sterftes word meeste van die tyd nie ondersoek of ernstig opgeneem nie want die TOUGHEST SURVIVE, so as jy nie al die infeksies en marteling kan deurmaak nie, is jy nie ‘n MAN nie, moet NET NIE iemand in ‘n kis toemaak en hom dreig nie, jy mag hom wel agter aan ‘n perd sleep en met stokke slaan.
Hulle wil nie leer om nie na hierdie plekke heen te gaan nie maar eerder na n dokter toe. So laat dit maar so aangaan! Jy is reg Max. dit is tradisie en die geeste EISH!
Dit is hul tradisie, hul doen dit vir die voorvader geeste.
ek was by kultuur blyplek in tanzanie naby serengeti gewees. hulle leef daar in baie swakker omstandighede met geen water naby nie. hulle leef van vleis, melk en bloed. geen groente of vrugte nie. die naaste plek waar hulle iets kan koop is baie kilometrs ver en moet loop om daar te kom. hulle doen ook besnyding en toe ek vra hoeveel gaan dood kyk hy my snaaks aan en se geen sterftes nie. dit het n besigheid geword hier in die ooa-kaap, en die een wat die snywerk doen moet betaal word ons soms moet brandewyn deel van die betaling uitmaak.