Drie vas oor rooftog in Linden

geld 4

Argieffoto.

Drie persone is deur lede van die misdaadvoorkomingseenheid in Linden, Johannesburg, in hegtenis geneem ná ʼn 33-jarige man van R300 000 beroof is wat hy uit ʼn bank onttrek het.

Die polisie het tydens die inhegtenisneming, Dinsdag omstreeks 12:00, beslag gelê op ʼn onbekende bedrag kontant, het kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes, tussen 30 en 37 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn.”

Makhubele het gesê die verdagtes is dopgehou, omdat inligting ontvang is dat vyf mans met ʼn Toyota Corolla ʼn man van die bank beroof het. “Die verdagtes se motor is tussen Ells en Republiekweg opgemerk. Die polisie het die motor voorgekeer en die verdagtes gekonfronteer. Twee verdagtes het weggehardloop en drie is in hegtenis geneem.”

Die verdagtes was vermoedelik ook betrokke in ander ernstige en gewelddadige misdade en verdere ondersoek duur voort.

“Die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat steeds voortvlugtig is en doen ʼn beroep op enigiemand met inligting wat hulle kan help met die ondersoek,” het Makhubele bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

hardus ·

wonder waar kry di nar di R300 000 in di eerste plek vandaan???

janneman ·

Hoop die persoon aan die binnekant wat die inligting voorsien het word ook vasgetrek en n voorbeeld van gemaak….

Johan ·

Jy is heeltemal reg Janneman defnitief binne inligting wat uitgegee is

Wonder-maar-net ·

Hoe het die rowers geweet die man het so baie geld getrek?

Alida ·

Maklik die kassier tip hulle af. Wie in hierdie lewe is so dom om soveel geld te trek. Genade wat is EFT dan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.