Drie vas wat glo krokodil steel

(Foto: Verskaf)

Nie eens ʼn krokodil is nou meer teen boewe bestand nie.

Drie mans tussen 20 en 35 sal na verwagting Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn weens die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba) nadat hulle glo ʼn krokodil gesteel het.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê lede van die Stilfontein-polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies (STES) het Donderdag inligting ontvang dat ʼn Nylkrokodil van ʼn krokodilplaas in die Hartbeesfontein-omgewing gesteel is.

“Die inligting is dadelik saam met natuurbewaringsbeamptes opgevolg en dit het die span na ʼn verlate plaashuis gelei waar ʼn 2,5 m lange Nylkrokodil ter waarde van R25 000 aangetref is.”

Die krokodil was onder boomtakke versteek.

“Die verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie het ook beslag gelê op ʼn voertuig wat in die uitvoering van die misdaad gebruik is,” sê Myburgh.

Die krokodil is daarna aan sy regmatige eienaar terugbesorg.

(Foto: Verskaf)

In ʼn afsonderlike voorval is Thatho Nhlapo (30) ook deur die eenheid vasgetrek toe vermoedelik gesteelde beeste in sy besit gevind is.

Volgens Myburgh het ʼn veewagter gesien hoe drie mans die beeste in ʼn oop veld langs die R509-pad, naby Khuma, jaag.

“Die veewagter het sy werkgewer ingelig wat weer boere in die omgewing in kennis gestel het. Nlhapo is gevolglik deur boere in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig,” sê Myburgh.

Die aanvanklike ondersoek wys dat die beeste aan ʼn Vrystaatse boer behoort. Vyf beeste is van sy plaas gesteel, maar twee is later in ʼn veld gevind.

Nlhapo sal in aanhouding bly tot hy Woensdag weer in die Stilfontein-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiehoof, het die polisiebeamptes, natuurbewaringsbeamptes, boere en lede van die gemeenskap vir hul samewerking geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

TruthDealer ·

Ek kan maar net lag oor hierdie storie. Jaaa jong. Seker nie veel wat mens hiervan kan sê nie:-)

Amelia ·

Ai ou krokkie hoekom het jy nie n vreeslike hongerte gekry nie

honeybee ·

Nou het ek alles gehoor, wat nog, n krokodil van alle dinge.

domheks ·

nuwe SA – enige iets is moontlik! Jammer krokkie was nie honger nie…

Niklaas ·

Wel wel. Dis nou iets nuuts. Elke dag word ek verbaas deur ons misdadigerskorps.

Theunis ·

My bekommernis is dat die diefstal plaasgevind het, my fustrasie is die krokodil plaas se veiligheids instellings wat die diefstal kon laat plaasvind, hoe vevoer jy ‘n krokodil verby die sekuriteits punt?

Nommer 7 ·

Krokodille maak nie goeie waghonde nie. Hulle kan nie blaf nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.