Drie mans is tydens ʼn geheime operasie, waarby die polisie en Valke betrokke was, in hegtenis geneem in verband met ʼn vlaag gewapende rooftogte.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die drie verdagtes, onderskeidelik 22, 27 en 30 jaar oud, was glo betrokke by ʼn vlaag rooftogte waar slagoffers agtervolg is nadat hulle by die bank was en sdan beroof is.
Volgens Mulaudzi het ʼn taakspan, wat uit lede van die Valke, misdaadintelligensie en die polisie bestaan het, Woensdag die drie verdagtes se bewegings dopgehou. Die verdagtes is in verskillende winkelsentrums in Johannesburg opgemerk. Die verdagtes het hierna saam in die rigting van Alberton gery waarna die taakspan op hulle toegeslaan het.
Mulaudzi het gesê daar is op twee ongelisensieerde vuurwapens en ʼn motor beslag gelê. Die motor is vroeër die maand in Norkem Park gekaap. “Ons ondersoek is steeds aan die gang om die vuurwapens waarop beslag gelê is met ander verdagtes en misdade te verbind.”
Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Alberton-landdroshof verskyn.
About time. Well done.
Lekker. Kyk sommer ook of hulle nie hulp van bank personeel gekry het nie.
Beter beskrywings van die verdagtes asb
Stem saam goed gedoen SAPS. Moet ook by sê dat sulke tipe “operasies” wat tyd om te doen en by mekaar te sit.
Hulle het eintlik niks verkeerd gedoen nie, ongelisensieerde vuurwapens? Hulle sal uit wees op borgtog volgende week.
Goeie werk!
Enige iemand kan voorgekeer word vir ‘n ondersoek en ongelisensieerde wapens sal gevind word. Eg Suid Afrikaans!