Drie wagte vas ná transito-roof

Argieffoto (Fidelity Security)

Drie veiligheidswagte van Fidelity sal na verwagting Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat hulle in verband met ʼn transito-rooftog in hegtenis geneem is.

Lede van die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige en georganiseerde misdaad het die drie verdagtes Woensdag in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, was ʼn geldwa van Fidelity Dinsdag onderweg na die Bloemfonteinse middestad om kontant af te lewer, toe ʼn groep swaargewapende aanvallers hulle by McKenziestraat oorrompel het.

Die rowers het glo die veiligheidsbeamptes beveel om uit die voertuig te klim voordat hulle springstof gebruik het om die kluis oop te skiet.

“Die verdagtes het ʼn onbekende bedrag geld en drie vuurwapens van die veiligheidsbeamptes geroof en van die toneel gevlug,” sê Singo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.