Drie wat renosters wou stroop vyf jaar later gevonnis

Argieffoto

Drie renosterstropers is tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle in November 2014 op ʼn wildsplaas by Lephalale (Ellisras) in Limpopo in hegtenis geneem is.

Adam Mandla Sithole, Sam Ivorgercillio Mujovu en Respect Reason Muthonzi is vroeër die week in die Lephalale-streekhof skuldig bevind aan oortreding van die Limpopo Omgewingsbestuurswet, oortreding van die Vuurwapenbeheerwet en die besit van ʼn onwettige vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is en poging tot moord.

Die drie is in totaal tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat die regter gelas het dat van die vonnisse gelyklopend uitgedien word.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Limpopo, het gesê onbekende voetspore is op 18 November 2014 op ʼn plaas naby Lephalale gevind en die polisie is ontbied.

“Beamptes het die beskuldigdes begin inhaal waarna die beskuldigdes op die beamptes losgebrand het. Die beamptes het teruggeskiet een van die mans gewond voor hulle al drie in hegtenis geneem is.”

Volgens Malabi-Dzhangi het een van die beskuldigdes tydens die verhoor erken hulle was op die plaas om renosters te jag.

Die beskuldigdes is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Muffin ·

Dis reg laat hulle sit. Nou beplan hulle seker weer wat hulle faan aanvang as hulle uit kom.

JV ·

Nou wonder ek wat was so ingewikkeld aan hierdie saak dat dit 5 jaar gevat het om af te handel?

leser ·

waarom, waarom ?????, moet vonnisse gelyklopend uit gedien word, dit skrik nie die stropers, misdadigers, moordenaars, verkragters, gemors, ens., af nie

Boertjie ·

Dis so dat hulle kan vinniger uitkom en weer aangaan met wat hulle besig was! Ek kan nie verstaan dat sulke sake nie ook insluit (grondbesseting) eiendom beskadiging,diefstal etc dan moet hulle lewenslank sit, hoe het hulle daar gekom , gestap!!!! Nee voertuig moet ook afgevat word!!! Onbevoeg vir gewere!!! In die eerste plek was die gewere nie wettig nie!!!

Pieter ·

Ons regstelsel is n grap net soos die ANC regering dit is hoekom ons menisters so bly om ons belasting geld te plunder want hulle word beskerm deur hulle ANC pelle

Leon Dormehl ·

En nie een v hulle eers naasteby 15 sit nie. Parool na 3 of 4 jaar.

Kaaskop ·

Het ek dit verkeerd of lees ek 4 name? Of is die een ou se naam Mujovu en Respect Reason Muthonzi?

Chris Ws ·

Dis onverstaanbaar dat vonnisse gelyklopend uitgedien word.Dit beteken dus dat hy vir een ef meer misdade oor die hoof gesien word.Ons reg stelsel is SIEK.Hierdie is harde misdadigers – hulle het nie swieties uit ‘n kafee gegaps nie.

Stan ·

So, ‘n renoster se lewe is nou meer werd as ‘n mens sin!
My gewese swaer (Coert Kruger) het sy seun 2 keer in die rug met ‘n haelgeweer geskiet, skuldig gepleit aan moord en slegs met ‘n waarskuwing uit die hof gestap. Kan iemand dit verduidelik? Dit het hierdie jaar in Vanderbijlpark afgespeel. Ons regsstelsel is uiters siek!

Rina ·

5 jaar nog steeds te min…… Stan kan jul nie weer die saak gaan oopmaak nie ….. die uitspraak klink nie reg nie ..

Judge Dredd ·

Geen hofsaak behoort eintlik langer as 2 jaar te vat – en die meeste gevalle moet ‘n beslissing binne jaar gemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.