Driejarige sterf in ongeluk naby Nelspruit

Die ongeluk het die lewe van ‘n driejarige seuntjie en ‘n man geëis. (Foto: ER24)

Twee mense is dood, onder wie ʼn driejarige seuntjie, en nog drie beseer in twee afsonderlike ongelukke die afgelope naweek op die N4 naby Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die eerste botsing was Saterdagaand naby Croc Valley-weg. Op dié toneel het twee ligte voertuie gebots.

Die manlike bestuurder van een van die voertuie en ʼn driejarige seuntjie in die ander voertuig, het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

“Twee ander vroue is geassesseer en het matige beserings opgedoen. Hulle is behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere versorging geneem,” sê Meiring.

Die tweede botsing – tussen twee vragmotors – was Sondag in die vroeë oggendure naby Kanyamazane.

Een van die vragmotorbestuurders is in die voertuig vasgekeer, terwyl die ander ongedeerd daarvan afgekom het.

Die plaaslike owerhede ondersoek die omstandighede van albei ongelukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wielspore ·

Hierdie gedeelte van die N4 dra abnormale hoeveelheid side tipper MHV’s wat produkte by Maputo hawe aflaai. Dit is reeds hierdie voertuie wat roekeloos ry en ander padgebuikers se lewe in gevaar stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.