Dringende gesprek nodig oor minderjariges wat drink – Ramaphosa

(Foto: AFP)

Die toenemende aanvaarbaarheid van alkoholgebruik onder jongmense het ʼn ernstige probleem geword in ʼn land waar die meerderheid mense wat drank gebruik reeds deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) bestempel word as dat hulle hul aan drank vergryp.

Pres. Cyril Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief beeldmateriaal en foto’s wat gedeel is van jongmense wat ʼn partytjie by die Enyobeni-taverne in Oos-Londen bygewoon het, wys hoe talle van hulle bottels drank vashou.

Verskeie van hulle lyk kwalik ouer as tieners.

Altesame 21 jongmense wat by die taverne gekuier het, is in die treurspel dood – maar onder omstandighede wat steeds nie heeltemal duidelik is nie. Luidens sommige berigte is die tieners moontlik vergiftig. Die jongste slagoffer was maar 13 jaar oud.

Die uitslae van hul nadoodse ondersoeke is egter steeds nie bekend gemaak nie.

“Terwyl die betrokke owerhede uitpluis wat gebeur het om te verseker dat geregtigheid vir die slagoffers geskied, is daar ʼn gesprek wat ons as ʼn land moet hê: die probleem met minderjariges wat drink,” sê Ramaphosa.

Die president sê drankgebruik onder adolessente word verbind met belemmerde funksionering, afwesigheid van skool, drankverwante beserings, selfmoordgedagtes en -pogings en gevaarlike gedrag.

“Ons moet saamstaan om hierdie probleem te stuit wat jongmense beroof van die beste jare van hul lewe en hulle vatbaar vir drankverslawing maak,” waarsku Ramaphosa.

“As families beteken dit dat ons openhartige en eerlike gesprekke oor drank moet hê, en grense moet stel. Dit is onwettig vir kinders jonger as 18 om drank te gebruik.”

Hy sê volwassenes moet ophou om kinders te stuur om namens hulle drank te koop, of toe te gee aan versoeke om vir minderjariges drank te koop.

Die tragiese gebeure in Scenery Park verlede week is egter nie die eerste van sy soort nie. Dit herinner aan die Throb-nagklubramp in Durban in die 2000’s en die Osi-tavernetragedie in Khayelitsha in 2015. Ramaphosa sê die gemene deler hier is dat al die plekke drank aan minderjariges verkoop het.

Hy het ʼn beroep op gemeenskappe gedoen om saam met die owerhede te werk om te verseker dat tavernes, sjebiens, vermaakplekke en drankwinkels wat die wet oortree, aan die pen ry. Ramaphosa het wetstoepassers gevra om strenger op te tree en sê plekke wat wetgewing verontagsaam, dui ook op die owerhede se versuim om regulasies af te dwing.

Gebrek aan ontspanningsgeriewe

Die sterftes het opnuut die soeklig laat val op die gebrek aan sport-, leer‑ en ander fasiliteite vir jongmense – en dat dit lei tot kinders wat tussen tavernes kuier.

Inwoners van Scenery Park sê daar is geen sportvelde, gemeenskapsbiblioteke of jeugsentrums in dié buurt nie. Ramaphosa sê die regering – op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak – moet gehoor gee aan die gemeenskap se pleidooie en meer ontspanning- of ontwikkelingsruimtes vir jongmense in armer gebiede skep.

Die sakesektor kan met borge help, terwyl gemeenskappe saam met gemeenskapspolisiëringsforums, burgerlike organisasies en skoolbeheerliggame moet saamwerk om ʼn meer aktiewe rol in die lewens van kinders te speel om hul veiligheid en welstand te verseker.

“Ons moet saamwerk om te verseker dat diegene wat wins voor die lewe van kinders stel, nie toegelaat word om sake te doen nie,” sê Ramaphosa.

“Laat ons ook ʼn positiewe voorbeeld stel in ons eie verhouding met drank. Laat ons nie net na ons eie kinders omsien nie, maar ook na ons bure se kinders.”

Die slagoffers van die tragedie word na verwagting vandeesweek ter ruste gelê en die polisieondersoek na die verloop van gebeure duur voort. Die Buffalo City-metro doen ook ʼn ondersoek om te bepaal of enige munisipale verordeninge in aanloop tot die voorval verontagsaam is.

“Ons gedagtes en gebede is by die families wat sukkel om berusting te vind ná hierdie onuitspreeklike afgryslikheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Swerwer ·

En wie is te dankie daarvoor Mnr Ramaphosa? Net jou Regering en kader want julle het wetteloosheid geimplimenteer in ons land.

Delia ·

Nee wat, ons kan nie alles voor die regering se skuld lê nie. Dis nie hulle verantwoordelikheid om jou kinders groot te maak nie. Kry n ruggraat en dissiplineer jou eie kinders. Maar deesdae eil slmal hulle kinders se vriende wees. Gehoorsame ouers….
En ongelukkig word geriewe geplunder en nie in stand gehou. Gemeenskap en munisipaliteite se skuld hier

Cindy ·

en hoe moet mens nogal jou kinders dissiplineer Delia? Die goedjies het mos regte, en lig jy ‘n hand word jy summier aangekla van kindermishandeling… Hoe maak mens wanneer jou tieners jou vertel “die wet sê” hmmm…?

AH ·

Dissiplineer beteken nie noodwendig lyfstraf nie. Daar is verskeie maniere om kinders te dissiplineer sonder om jou stem te verhef of jou hand op te lig. Ons ouers was baie streng met ons, maar selfs toe al is ons nie vir elke ding ‘n pak slae gegee nie. Ons het wel van ons voorregte verloor, selfs in die dae voor TV en selfone was dit baie sleg as ons gestraf was deur by die huis te moes bly as ons maats gaan swem het of ander lekker aktiwiteite kon doen. Deesdae is dit maklik om kinders se TV tyd en selfoon/skootrekenaar/tablet weg te vat. In plaas van iets doen waarvan hulle hou kan hulle as straf hondebolle optel, blare bymekaar hark of asblikke uitwas…

Chillipit ·

Dit is defnitief OOK die regering se skuld, kinders word geleer dis reg om wetteloos te reageer en niks gebeur met hulle nie, kinders het heeltemal te veel vrye keuse, en hulle word dit so geleer op skool ook. Ouers moet hulle g@tte afsukkel om die klein bietjie maniere vir hulle te PROBEER leer, en die skole kom breek dit af. Die dag toe pakslae en godsdiens by skole uitgewaai het, het alle respek vir medemens en ander se besittings ook by die deur uitgewaai.

Suzette ·

Soos wat drank misbruik aangespreek moet word so ook aanwas…… daar word in elk geval te veel gepraat en te min gedoen.

Watsenaam ·

Amen. Getalle aanwas: min blanke mense word hierdeur geraak. (daar is wel hier en daar die uitsondering). Reeds van vroeg af is die vraag, oor wie die kinders finansieel gaan versorg, herhaaldeliks aan ouers gevra. Vir baie jare is die mense aanwas onder asekere bevolkings groepe deur politieke leiers en indoena’s aangemoedig. Hierdie probleem is ook in die verfilming van: (Swartland? of so iets aangespreek. ) ‘n Sekere politieke party het hulle nog onlangs hiertoe aangemoedig. Nou sit die leiers ewe skielik met n masiewe probleem.
Lekker man lekker.

Christine ·

En wat van kinders wat kinders verkrag, met wapens skooktoe gaan, onderwysers aanrand, ens. Hierdie is ‘n opvoedingtekort in die ouerhuis, dis ingegrein in kultuur en ‘n tekort aan morele standaarde.

Willie ·

Mnr Ramaphosa as julle as regering net gaan praat en weer ‘n werkgroep gaan begin gaan ons oor 2 jaar nog dieselfde probleme he. Die probleem kort ‘n omvattende oplossing. Begin deur die reëls toe te pas. Doen inspeksies op drink plekke en tree op waar daar oortree word. Die feit dat ouers nie meer kinders mag dissiplineer nie is een van die wortels van wat ons vandag in die samelewing sien

jlantie ·

Liewers ñ dringende optrede teen alle weteloosheid veral in die regering

domheks ·

My vraag is – WAAR WAS DIE OUERS DAAI TYD VAN DIE OGGEND? Ook by die shebeen?

JM ·

Christelike waardes en opvoeding is deur hierdie regering verban en daar word arrogant verkondig dat ons ‘n sekulêre regering het: die gevolg? Geen waardestelsel en dissipline bestaan in die opvoeding nie, daarom het kinders geen respek vir hul ouers, onderwysers en die samelewing nie. Die gevolg? ‘n Arrogante, bombastiese en onbeskofte jeug wat dink die wêreld skuld hulle alles. As my dertienjarige kind daardie tyd van die nag nie in die huis is nie, dan het ek my ouerlike plig jammerlik versuim. Ramaphosa kan gerus ook die ongebreidelde aanwas aanspreek.

Vexed ·

Ag ek weet nie, bid vir die voorvaders, probeer ubuntu, dalk help dit. Ek weet wat vir my mense gewerk het maar ek sal nou nie vermetel genoeg wees om dit op ander af te dwing nie. Sterkte.

Emily ·

Blameer die ouers, hoekom die polisie en almal nou die skuld wil gee.
Baie ouers weet helfte van die tyd nie waar hulle tieners {wat so graag wil grootmens speel} is nie.
Bring terug die lat, Ons het meer pak as kos gekry En ons lewe nog.
Vroeg ryp, Vroeg vrot.

Annelize ·

Opvoeding begin tuis, maar ongelukkig faal baie ouers hulle kinders gruwelik met die gehalte van opvoeding en voorbeeld wat hulle tuis aan hulle kinders verskaf.

Vir al wat ons weet was van hierdie ouers hier betrokke self besope by ‘n shebeen ten tyde van hierdie treurmare.

Rapala ·

Dit gaan oral so my kinders was in voor aanstaande skool, dan klae die graad neges hulle kry te min sakgeld om genoeg drank te kan koop vir hulle parties.

Di ·

Meeste van vandag se jeug is onbeheerbaar weens GEEN dissipline by ouerhuise asook die invoed van ander amok makers/politieke partye in die land. Hulle het geen morele waardes, is verwaand en uittartend en te groot vir hulle skoene. Rook dagga en gebruik dwelms in skool, brand klaskamers af, rand onderwysers en mede skoliere aan, raak swanger op ouderdom van 10-13 en …. en……. en ……. Absolute chaos in in die land. NIEMAND is te blameer behalwe die OUERS van hierdie kinders asook die wette wat ingestel wat lyfstraf verbied. Begin sommer by Lesufi, hy is meestal veranwoordelik dat hierdie dinge gebeur.

Anel ·

Disipline, disipline, disipline!! Dis die wonder woord! Ook gebeur dit as kinders kinders kry! Watter kind wil dan nou na ‘n kind kyk as hy eerder wil gaan fuif? En dit is nie die regeting se plig om te sorg vir vermaak nie. As die gemeenskap begin saamstaan en self iets probeer, sal ander dalk hulp aanbied. Maar dit wat was, is vernietig, of gestroop of afgebrand. Wie wil dan in so ‘n gemeenskap belê? Wat het ons 50,60, plus jare gelede gedoen? Daar was nie tegnologie nie en ook nie geld vir duur speelgoed nie. En jy het nie durf sê jy is verveeld nie! En ons het gespeel!! Nie in kroeë rondgelê nie! En ons ouers het geweet waar ons was! En hulle het ons vertrou! Want ons het disipine gehad!!!

annie ·

1 000 tavernes in Buffalo City! … Wat op deeske aarde? En dan volg nie jeug die voorbeeld van hul ouers? Vir wie moet die ouers kwaad wees? En Cyril waarsku net.

Debbie ·

Waarom moet daar altyd verskonings gemaak word vir kinders wat verkeerd doen. Waarom moet n groot kind besig gehou word sodat hy nie drink of ander walglike dinge doen nie. Hulle moet hulself kan besig hou.

Cindy ·

‘n dringende gesprek ivm die krag krisis en petrol prys krisis en kos pryse krisis is BAIE belangriker!

marius ·

Wat se voorbeeld stel die leiers van die hool en hul kornuite vir die jeug ?

Pietertjie ·

Wat van nog ‘n komitee saamstel? Of nog ‘n miljard-Rand joppie vir ‘n AA Regter?

DieKriek ·

En wat van die 90 duisend tieners wat geboorte gegee het?

Hasie ·

Ouers is bang vir hul kinders …kinders is deesdae mos tjomies met hul ouers . Dit is mos snaaks as boetie /sussie drank gevoer word as hul kleuters is en hul gebruik word vir “entertainment” . Die regering kan nie hulself weerspeeek nie .Kinders mag nie disipline ontvang nie dan is die ouers in die moeilikheid. So dit is Bose kringloop wat die regering ingestel en begin het .Dink maar aan die 30% slaagsyfer en laaksheid by skole wat aangeblaas word deur ministers wat daar is om geld te maak plaas van om die realiteit in die oë te staar oor wat in die werklike lewe gebeur en nie net op papier nie.

Johan ·

Woorde woorde en nogmaals woorde! Kan julle vir ‘n slag iets goed probeer doen en ophou praat?

NWT ·

Praat…praat en niks doen nie. Hoeveel GBV gevalle het al plaas gevind?. Die regering maak hul mond oop…sit op die verhoog tydens begrafnisse….maak toesprake…en daarna is hul tjoepstil. Want al wat hul kan doen is om te praat. Met die dood van die 21 tieniers gaan dit dieselfde wees.
Laat ek dit duidelik stel. Die dood van n persoon is tragies….hoe dit ook al gebeur en ek simpatiseer met die familie. Maar hoekom net die eienaar vervolg en nie die ouers van die tieners nie. Is dit nie hul plig om te geweet het waar hul kinders was nie. . So hoekom kan ouers dan ook nie straf regtelike vervolg word indien hulle nie voorkom dat hul kinders drank koop nie.
Nog n punt . Hoekom word daar nie teen tieners opgetree wat drank drink of koop nie. In n dwelm transaksie is daar twee partye nl die een wat koop en die een wat verkoop en albei kan vervolg . By n drank transaksie is dit dieselfde maar net die eienaar word vervolg.

Jack ·

Die misdadigers wat die drank verskaf en die gemeenskap is verantwoordelik. Hoekom gebeur dit slegs in oorvloed in sekere gemeenskappe.

AmY ·

Maar minderjariges mag saam slaap en selfs moor?
Kinders van so jonk as nege kry kinders, maar daar word net geld gegee vir hulle…
Spreek dit ook aan, asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.