Dringende oudit van polisie se vuurwapens gevra

Die drukgroep Action Society sê die vraag moet gevra word of die polisie besig is om die grootste verskaffer van onwettige vuurwapens aan misdadigers te word. (Argieffoto: SA Polisie)

Die drukgroep Action Society sê die vraag moet gevra word of die polisie besig is om die grootste verskaffer van onwettige vuurwapens aan misdadigers te word en vra dat ʼn nasionale oudit van die polisie se wapens gedoen moet word.

“Wetende of nie is dit ʼn absolute skande dat Suid-Afrika op die punt is waar die polisie self voorloop met die bewapening van die land se misdadigers,” sê Ian Cameron, ʼn woordvoerder van Action Society.

Die organisasie se versoek vir ʼn oudit kom ná onthullings oor ʼn styging in die getal vuurwapens wat by die Norwood-polisiestasie gesteel is. Die syfer het van 158 tot 175 gestyg en kan selfs verder styg terwyl ʼn ondersoek na die diefstalle voortduur.

“Die polisie het tans geen manier om vas te stel hoeveel wapens hy nog besit en beheer nie. Die vuurwapenpermitstelsel is af en werk al byna twee jaar lank nie,” sê Cameron.

Polisiebeamptes teken nou met die hand vuurwapens en ammunisie vir hul skofte uit. “Dit laat groot ruimte vir menslike foute, maar selfs meer ruimte vir misdadigheid.”

Die polisie se interne vuurwapeneienaarskap-permitstelsel is in Maart verlede jaar weens wanbetaling afgeskakel.

Benewens die oudit, vra Action Society ook dat daar dadelik vir die gebruik van die stelsel betaal word en dat dit aangeskakel word.

Cameron sê in 2012 het die polisie beslag gelê op 112 aanvalsgewere, handwapens, kommersiële springstof en knaldoppies by die huis van ʼn bejaarde Oekraïnse egpaar in Norwood. Daar is later ontdek dit is uit die polisiestasie se bewysstukstoor verwyder.

Dit is ʼn duidelike aanduiding dat die onwettige praktyke by die polisiestasie steeds voortduur, sê Cameron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel ·

Vuurwspens tydens Amnestue ingehandig en aansoek gedoen is vur hernuwing van lisensie moet terug besorg word.
Wat is die DA & VF Plus se mening

Cherokee ·

Ek het min simpatie met (gewese) vuurwapen eienaars wat nie kans gesien het vir die nuwe stelsel wat bevoegdheid bepaal, en om die ANC-stelsel van lisensiëring vry te spring, hul vuurwapens oor ‘n toonbank ingehandig het, ten koste van die veiligheid van hul naastes. As hulle moeite gedoen het, sou hulle buitendien vasgestel het dat ‘groen lisensies’, ten spyte van die regering se bepalings, geldig bly.
My lisensies is dus dubbel geldig. En as ek sou vergeet om dit te hernu, bly dit geldig.

Pieter9 ·

S. A. P (Top-bestuur) is naas die ANC die grootste misdaad organisasie in S. A.

Mariana ·

Daar moet regtig indringend gekyk word na die SAPD, daar is werklik groot fout daar en ek glo dit lê by die minister en bevelvoerders van stasies se deur. Misdadigers loop dan nou vry rond as polisiebeamptes. Wat de hel?

Willem Wikkelspies ·

Genoeg is genoeg!
Is daar ENIGE ‘competent’ mense oor!
Laat weet asb waar ons van die vuurwapens kan koop aangesien dit blyk die boewe is besig met ernstige bewapening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.