Dronkbestuurder gevonnis ná verloofdes verongeluk

Ruan Coen en Jessika Kennedy.

Die dronkbestuurder wat vyf jaar gelede die dood van ’n pasverloofde paartjie veroorsaak het, sal na verwagting vandag in die streekshof in Pretoria gevonnis word.

Andrew Kagiso Malele het in Mei skuld beken op ʼn aanklag van strafbare manslag in verband met die motorongeluk wat die lewe van die paartjie Ruan Coen (26) en Jessika Kennedy (25) geëis het.

’n Proefbeampteverslag en slagofferimpakverslag is sedert die skuldigbevinding gedoen.

Ursula Kors, Coen se ma, het AfriForum genader nadat die dossier na bewering by die Silverton-polisiekantoor verlore geraak het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het baie nou met kol. Werner Everson van die Silverton-speurtak saamgewerk, asook met sers. Piet Ferreira van die Sinoville-speurtak, om die dossier weer saam te stel sodat die beskuldigde vervolg kon word.

Malele se motor het op 23 Desember 2017 teen die motor gebots waarin Coen en Kennedy gery het. Die paartjie het drie weke tevore verloof geraak het.

Coen en Kennedy was op die N4 op pad terug na Pretoria vanaf Witrivier. Die beskuldigde het in die teenoorgestelde rigting gery, beheer oor sy voertuig verloor en met hulle motor gebots. Albei jong mense is op slag dood. Die beskuldigde het geringe beserings opgedoen en volgens ooggetuies met polisielede op die toneel geskerts.

In ’n emosionele gesprek in Mei vanjaar het Malele aan Kors om verskoning gevra dat hy die jong paartjie se dood en daarmee saam soveel pyn en lyding vir hul geliefdes veroorsaak het. Kors sê egter dat die reg sy gang moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frank John ·

Waneer gaan intergiteit weer in mense terug kom. Om te staan en grappies te maak waar mense dood is.!!!

Harley Davidson ·

Hoe raak n dosier weg ,is daar geen veranwoording van die ondersoek beampte as so iets gebeur nie of is dit ‘n geval van steek jou handjies op en sê sorry?

Miena ·

Baie maklik – makliker as wat jy dink. Nie net in SAPD -AK’s nie. Ek het self in die DOJ&CD- Landdroskantoor as Klerk van die Hof gewerk met magdom dossiere en dis skrikwekkend om te sien hoe maklik is dit om nie net n papier of bewysstuk te laat wegraak nie maar n hele dossier.

007 ·

Jammer verkeerde motor se mense het gesterf. Hoop hy sit lank, maar dink nie so nie.

Wondermaarnet ·

Hy gaan seker 5 jaar kry wat opgeskort is vir 3 jaar.

ES ·

Did crime, do the time.

Hy het kamtig vreeslik jammer gese maar geen berou getoon op die ongelukstoneel nie. Hy is nou net jammer omdat hy moontlik ‘n swaar vonnis gaan kry.

Irene ·

Dit gaan nie die hartseer wegvat nie maar ek hoop hy word vir lank toegesluit.

JohanR ·

5 jaar gelede! Maar dan is al Zuma se sake seker al van 2009 aan die gang….13 jaar and counting.

Swerwer ·

Ongelukkig bestaan intergiteit nie in die Nuwe Suid Afrika wesens se woordeskat nie!

Magda ·

Kyk maar dis no Weer n ligte vonnis want 2 WIT mense is dood, waar is Di EFF met Di hofsaak. Hy behoort Di DOODSTRAF TE KRY, NIKS MINDER NI.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.