Duarte was vurige stem vir vroue, onderdruktes

Adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte (Foto: Bhekikhaya Mabaso/Africa News Agency/ANA)

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, is Sondagmiddag in Johannesburg ter ruste gelê.

Sy is Sondag vroegoggend in die ouderdom van 68 jaar aan kanker oorlede.

Duarte was die afgelope tien jaar die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC. Sy het 25 jaar lank in die nasionale uitvoerende komitee gedien.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag tydens sy huldeblyk Duarte beskryf as ʼn getroue, toegewyde en uiters lojale leier van die ANC wat die nasie gedien het.

“Dit is moeilik om die ANC sonder ons geliefde adjunk-sekretaris-generaal voor te stel. Dit is hartseer om te dink dat ons nooit weer haar stem en haar gelag in die gange van Luthuli-huis sal hoor nie,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het ook vir Duarte as aktivis van vroue, werkers en skrywers geëer en vertel hoe sy ʼn kampvegter vir die onderdruktes was.

“Waar daar ook al lyding was, waar families ook al rou, waar studente organiseer, sou jy kameraad Jessie daar vind wat vertroosting, hoop en bemoediging bied. Sy was genadig, deernisvol en altyd vriendelik.

“Jessie Duarte se sin vir geregtigheid was skerp. Haar simpatie vir die armes, die kwesbares, die behoeftiges en die gemarginaliseerdes het diep geraak. Sy het empatie gehad en kon in ander mense se skoene loop en deur hul oë sien. Juis dít het haar in staat gestel om die lyding van ons mense raak te sien en empatie met hulle te hê.

“Sy was ook ʼn vereniger. Sy het ʼn politiek beliggaam wat nie verdelend, gemeen of klein was nie. Haar politiek was bemagtigend en verenigend. Sy het ​​die geweldige krag van ʼn verenigde volk en ʼn verenigde beweging verstaan. Daar was geen probleem, geen uitdaging wat nie oorkom kon word deur ʼn volk verenig in doel en optrede nie.”

Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, het in ʼn verklaring namens die DA hul medelye met Duarte se naasbestaandes betuig.

“Duarte was bekend daarvoor dat sy ʼn vurige karakter was wat nou saam met groot politici soos Walter Sisulu en Nelson Mandela gewerk het, asook verskeie poste in die party en regering beklee het voordat sy as adjunk-sekretaris-generaal ingetree het,” skryf Zille.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ettienne ·

Wanneer die politieke gedrewe eligieë en ANC-narratiewe rondom hierdie kader stil word, sou ‘n objektiewe ontleding van Jessie Dusrte se rol in SA waardeer word.

Kobus ·

Was nie juis ‘n “reus” in die politiek nie. Meer “musical chairs” tussen Zuma en Rampposa gespeel en verder Zondo afgekraak en joernaliste swak behandel.

JohanR ·

Ek het maar altyd gedink sy is maar net nog ‘n ANC arrogant en onkundige kader!

Bertie ·

Wat ons nou van haar hoor, laat dit klink asof sy in die engel Gabriël se skadu geleef het. Gerieflikheidshalwe word haar sondes, soos haar deelname aan staatskaping, ens net vergeet.

Jack ·

Ja ek wil net noem..sy was deel van ‘n misdaadorganisasie en het geweet van al die chaos wat haar geliefde party veroorsaak.Jammer ek sukkel met simpatie as dit kom by die kaders.

Stephen ·

Stem saam Bertie. Ek lees elders in die Media day sy kwansuis n kampvergter teen rassisme was. Maar as jy lees en luister wat sy kwytgeraak het teen die blankes vertel dit die teenoorgestelde.

Harley Davidson ·

Maar tog het sy toegekyk hoe die ANC hierdie land vernietig en nooit iets daaroor gesê nie.

melaney ·

Her day of reckoning has come. May we all learn our own lesson through the way we conduct our own lives.

Jr ·

SO! Sondag het 5000 meer waardevolle, eerlike, beter mense ook doodgegaan

Roek ·

Sy en carl neuhauss was beste pelle….. not !
hulle het albie gestoei vir die sweet spot by jz!!

Jaco ·

Alle onderdruktes of net sekere onderdruktes? Sy was DOODSTIL oor gevalle waar nogal haar mede-kleurlinge werk soek en dan hoor *you are not black enough” of “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël so ons het nie werk vir jou nie”. Daars baie gevalle waar Solidariteit dié diskriminasie arbeidshof toe gevat het.

Schalk ·

Ek kan mense en myself ook nie aldag verstaan nie. Ons het grootgeword en sommer ook so paar rapse gekry as jy enig eiets van die dood genoem het in disrespek. Met die jare soos mens ouerword besef jy egter dat mens nie moet huigel as dit iemand is wat nie bydra tot die samelewing nie. As iemand na die posisie kyk en wat sy kon doen teen korrupsie, en vir ander mense dan is ek jammer maar ek gaan nie treur oor haar nie.

Hennie ·

Vurige stem vir vroue en onderdruktes…..ha ha! Daar is nou so baie van hulle met die ANC se bewind.

Di ·

So val die een na die ander! LANKAL tyd gewees dat hulle almal op pensioen gaan maar nee, klou verbete aan die poste vas om nog meer in meer in hulle sakke te kan steek, gierigheid ken geen einde nie. Daar waar sy nou is, is daar nie diskriminasie nie! Die spul was gou om hulle bekke te rek toe FW de Klerk dood is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.