Dube-Ncube nuwe premier van KZN

Nomusa Dube-Ncube is die nuwe premier van KwaZulu-Natal. (Foto: KZN Tesourie/Twitter)

Nomusa Dube-Ncube is Woensdag amptelik beëdig as die nuwe premier van KwaZulu-Natal ná die bedanking van haar voorganger, Sihle Zikalala, verlede week.

Dube-Ncube was die ANC se voorkeurkandidaat en een van drie kandidate wat die ANC vir die provinsie se toppos oorweeg het. Sy is KwaZulu-Natal se eerste vrou as premier.

Die DA het in reaksie gesê die belangrikste vraag is of Dube-Ncube die “regte mens” vir die pos is.

“In hierdie stadium is ons almal passasiers op dieselfde stukkende ANC-bus: ons het nou net ʼn nuwe busbestuurder. Daar sal nog gesien moet word of premier Dube-Ncube ons provinsie in ʼn nuwe en meer positiewe rigting kan stuur,” sê Francois Rodgers, DA-leier in die Gautengse wetgewer.

Rodgers sê die verkiesing van ʼn nuwe premier kom op ʼn belangrike tydstip vir die provinsie en dat die ANC se prestasie oor byna drie dekades gewys het dat die party nie behoorlik kan regeer nie, en ook nie ʼn vaardige en etiese staat kan skep nie.

“Die werklikheid is dat KwaZulu-Natal nooit sy volle potensiaal onder die ANC sal bereik nie.”

Dube-Ncube is ʼn voormalige LUR vir finansies in KwaZulu-Natal, ʼn voormalige ambassadeur na die Tsjeggiese Republiek, en vantevore ook die adjunksekretaris en tesourier van die ANC in die provinsie.

Sy het diplomas in openbare bestuur, bestuur en leierskap, asook opleiding en ontwikkeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Waarnemer ·

Diplomas wat sy waar gekoop het?Nog n kader wie gaan deel in die boerpot!

Shakespeare ·

ANC/EFF kanker is ongeneeslik. Onbevoegde en ongeletterde stemvee hopeloos te veel.

Sarel ·

Due vraag of sy ‘n ondersteuner can die mees omstrede Politikus in SA is en inwoner van KZN.

Jack ·

Ek ken haar nie maar wel die stal waaruit sy kom en dit spreek vanself

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.