Duisende gestrand weens taxi-stakings

Pendelaars wag om vervoer in Johannesburg.
Itumeleng English/African News Agency)

Duisende pendelaars is Maandag landwyd gestrand gelaat weens die taxi-vereniging Santaco se staking. Die vereniging is ontevrede oor wat hy beskou as ʼn “onvoldoende” hulppakket van die regering om taxi-eienaars te help om die verliese weens die Covid-19-pandemie te dra.

Talle Gautengse paaie is boonop deur oproerige taxibestuurders blokkeer en selfs private motoriste in dié provinsie het Maandag gesukkel om by die werk te kom. Johannesburg se Rea Vaya-busvervoerstelsel het op Twitter gesê hy ervaar ʼn abnormaal hoë aantal desperate pendelaars wat by busstasies wag om vervoer te word. Dié situasie het gelei tot lang rye en vertraagde vervoertye.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Vrydag aankondig dat ʼn reddingspakket van R1,3 miljard vir die taxibedryf bewillig is. Dit is verreweg een van die grooste hulppakkette aan enige Suid-Afrikaanse bedryf vir hulp om die gevolge van die Covid-19-pandemie en gevolglike afsonderingstydperk te help dra.

Santaco het in reaksie op die aankondiging oor die hulppakket gesê hy gaan Maandag staak omdat die pakket hopeloos onvoldoende is. Volgens die vereniging word die geld verdeel tussen sowat 60 000 metertaxi’s, e-taxidienste en oorgrenstaxioperateurs. Die balans word dan aan ander taxi’s betaal en kom volgens Santaco neer op sowat R3 800 per taxi. Dié organisasie sê hulle verwag R5 miljard van die regering om vir die verlies aan inkomste op te maak. Die regering het egter Maandag gesê hy kan nie dié bedrag bekostig nie.

Taxi’s eis ook dat hulle voortaan toegelaat word om 100% van hul passasierskapasiteit te vervoer. Hulle is ook ontevrede omdat die SAID die uitbetalingsproses bestuur.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer, het met Santaco saamgestem dat dié bedrag nie genoeg is nie, maar sê dit was nooit die bedoeling om taxi-eienaars se verlies aan inkomste te dek nie. “Alle bedrywe is in die knyp weens die tydperk van afsondering wat die verspreiding van Covid-19 moes verhoed. Ons glo daar is meer volhoubare maniere om die verlies aan inkomste in die taxibedryf te takel,” het hy gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

msp ·

So bou ramaposa se “our people” hul nuwe ekonomie. Congratulations mr honorable. I can only see stars building up.

marius ·

En hy het hom so vinnig uit die voete gemaak , sy ontwerper skoene tol nog in die straat …..

Michael 1 ·

Verstaan ek dit reg die taxi bedryf betaal nie belasting nie maar gaan geld by die said kry ,wag todat die chinese hulle geld terug eis en die land vat oor sa nie die lening kan betaal nie.

Persheks Adri ·

Alles gaan oor sy “people” en ons moet dit net aanvaar! Daar’s derduisende ongelukke per dag, maar gee hul sommer “free” geld! Haikona dis pateties verby

Willem ·

Ek sien net ń lang ry wat geen maar geen spasiectussen hulle het nie. Volgende covid brandpunt

Willem ·

My kind se bedryf is nie in die knyp nie hy is in sy kanon in

Anel ·

Hulle het nog omtrent die heeltyd gewerk. Daar is mense wat hulle werk verloor het en besighede wat heeltemal toe gemaak het. Maar die taxi’s word vergoed vir verliese!!! En dan is hulle ontevrede met wat hulle kry! Ek sou dit wat hulle sou kry nie meer vir hulle gee nie en die geld masr gebruik om honger nense kos te gee. Niemand skuld die spul iets nie. Hulle het die trein bedryf in elke geval verongeluk.

Jacobus ·

Finaal besig om hulleself in die voet te skiet. Op die spoor saam met Sirrel.

Mariska ·

Miskien, as hulle sigaretverkope nooit verban het nie, kon sigaretbelasting gebruik word om te help? Nou het die regering nie geldjies nie. En die taxibedryf is sekerlik nie die enigste bedryf wat sukkel nie?

Mallie ·

Hoe is die verhaaltjie begin, eendag lank lank lank gelede was daar busse en treine wat die mense vervoer het, indien hulle gestaak het is dit aan die brand gesteek, vernietig en beskadig. Nou hoekom brand die pendelaars nie nou die taxis nie.

Talia ·

Hoeveel mense moet geld kry ? As ek R1.3 Miljard deel tussen 60 000 kom ek nie op R3700 af nie. Verduidelik dit bietjie aan ons. Ek sal ook graag n bailout wil kry, ek het vir 3 maande nie n sent gemaak nie.

johannes ·

Ek was vir ‘n maand verplig om een van die Taxi’s te gebruik na ‘n motorongeluk. Dit was my grootste vrees maar ek was beskerm deur my bejaarde buurvrou wat my onder haar vlerke geneem het. Dit was ‘n ervaring wat nooit vergeet sal word nie. Ek is innig dankbaar vir die goeie behandeling wat ek ontvang het. My hart bloei egter vir die miljoene mense wat elke liewe dag so moet sukkel.

johanf ·

Taxi Mentaliteit…….. (nie almal, maar meerderheid) Straf jou gereelde, afhanklike kliënte…… SIES !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.