Duisende liters drank in drein af

Duisende liters drank is uitgegooi. (Foto: Verskaf)

Duisende liters drank is uitgegooi. (Foto: Verskaf)

Die Stad Kaapstad het sy wetstoepassingsbedrywighede vir die komende feestyd afgeskop deur van 16 926 bottels onwettige alkohol waarop beamptes beslag gelê het, ontslae te raak.

Volgens die Stad Kaapstad is daar einde verlede jaar tydens die feestyd, op drie verskillende prioriteitsdae, op meer as 16 926 bottels alkohol, gelykstaande aan sowat 11 500 ℓ drank, beslag gelê.

Tydens die aanskakeling van Kaapstad se Kersliggies vroeg in Desember, is daar beslag gelê op 1 818 bottels, op Welwillendheidsdag (26 Desember) op 2 126 bottels en Nuwejaarsdag op 3 805 bottels.

“Die statistieke bewys sommige mense kan nie pret hê sonder alkohol nie,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, gesê. “Die werklikheid is dat dit ʼn blatante verontagsaming van die wet is en die uitwerking van hul drinkery en antisosiale gedrag noop ons om toegewyde wetstoepassingshulpbronne te gebruik wat elders beter benut kon word.”

Smith het bygevoeg dat kinders gebruik word om alkohol by geleenthede in te smokkel. “Mense gooi ook hul alkohol in koeldrankbottels oor of versteek die bottels in die sand op die strand. Hulle verkies ook om eerder strande wat geen toegangsbeheer het en waar sakke en voertuie nie deursoek word nie, soos die Strand, Kampsbaai en Clifton, te besoek.

Duisende liters drank is uitgegooi. (Foto: Verskaf)

Duisende liters drank is uitgegooi. (Foto: Verskaf)

Mense wat met alkohol betrap word, ontvang ʼn boete van R500 en word voorsien van ʼn strokie wat die presiese items waarop daar beslag gelê is, aandui.

“Die vernietiging van alkohol lok gewoonlik gemengde reaksies uit – vanaf diegene wat dit ten volle ondersteun tot diegene wat gekant is teen die vermorsing van goeie alkohol. Daar is selfs mense wat die Stad skerp kritiseer. Laat ek benadruk, baie van ons feestydbeplanning sentreer rondom die versagting van die uitwerking van alkohol,” sê Smith.

“Ons het ons getal lewensredders na 334 verhoog aangesien alkohol een van die grootste bydraers tot verdrinkings en seereddings is. Ons put oortydbegrotings en ander hulpbronne uit om ʼn groter teenwoordigheid van wetstoepassers op paaie te hê om die publiek te beveilig teen dronkbestuurders. Die afgelope paar jaar het ons die Identikidz-projek van stapel gestuur om kinders wat sonder toesig gelaat word of seerkry, te help beveilig.”

Die Stad sê hoewel die beslaglegging van alkohol belangstelling lok, verg dit baie meer beplanning om Kaapstad te beveilig tydens die feestyd. Verskeie departemente word betrek by die pogings om te verseker dat inwoners veilig bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Lollie ·

Pragtig! As hulle wil suip laat hulle dit by hulle huise doen. Die onskuldige mense se lewe is in gevaar as ander besope is.
Wonder net of AL die drank uitgegooi word en of daar van hierdie beamptes is wat ń goodkoop, lekker kuier kersfees gaan hê. ?

bravo ·

Bravo. ‘n Baie goeie ding. Vir my part kan hulle drank verban. Dit het amper my huwelik gekos.

Judge Dredd ·

Hoekom moet die verantwoordelikes altyd die prys betaal vir die onverantwoordelikes?

Linda ·

Watse land is dit die, om Xmas te hou sonder n dop en n tjop ?? Nonsens, ek gaan my dop drink !!!

wolla ·

Geen probleem om te verbruik in jou eie private spasie nie maar op openbare plekke soos strande is dit ‘n ander storie.

Francois le Cochon ·

Netso, maar jy moet onhou daar is mense wat Kersfees vier met een tjop en alleen 2 bottels whisky uit drink. So jy kan met reg vra, watse land is dit die?

belinda ·

linda, stem saam jou, wat is ‘n braai sonder ‘n lekka dop en ‘n tjop, almal is nie ontantwoordelik nie, as jy nie jou drank kan hanteer moet liewer nie drink ni, se ook maar net

rollie ·

Verlede jaar se konfiskasie word nou eers vernietig. Ek wonder hoeveel van die voorraad het voete gekry gedurende die periode.

zoom zoom ·

Is daar werklike bewyse dat al die drank wat Na verwys word in die berig wel vernietig is. Ek twyfel sterk. Hoekom het hulle nie die drank op ‘n veiling verkoop nie en die geld gebruik om vir weeshuise en die wat op straat bly Kos Te Koop en dit uit Te deel oor kerstyd. Hulle kon ‘n paar mense en kinders gelikkig gemaak het.

Linda ·

Ek drink eintlik net lekker, koue, Hunters Gold. Gewoonlik oor lang vakansie dae byt my niere, glo my na 2 Hunters Gold is die byt weg !!! Hunters Gold is nie so bitter soos ander bier nie, ek geniet dit. Ek voel mens kan gerus n ietsie vir kersfees drink, solank jy nie bestuur nie.

Linda ·

Gedurende Paasnaweek, die jaar, kom ek by my sussie, sy kruip van nierpyne, het koors ens. Ek gaan haal Hunters Gold, se… down sommer 3. Die volgende dag was sy gesond !!! en kon Paasfees geniet.Ek glo daaraan vir niere wat seer is.

wielie ·

Wil hulle nie die vieslike Gauteng ook kom “skoon maak ” nie ???

Johan ·

Alkohol gebruik in jou private area – ja. Alkohol gebruik in openbare areas – groot probleem. In hoeveel gevalle is daar alkohol MISBRUIK in openbare areas. Ek sien gereeld by rugby- en veral krieketwedstryde hoe gereeld mense drank koop by die geleentheid. Soms wonder ek of hulle hoegenaamd die betrokke sport kyk en weet wat aangaan? En dit is diegene wat dit dan net onaangenaam maak vir ons wat sport wil KYK (selfs saam met ‘n drankie). Al verskil is ons ken die limiet.

Op strande natuurlik “ietwat anders” want jy kan onder jou sambreel sit en drink soveel jy wil. Solank jy niemand pla nie. Probleem is natuurlik meeste mense wat te veel drink op strande, raak ‘n oorlas en is ‘n gevaar vir homself/haarself. Ek neem Stad Kaapstad nie kwalik vir hul optrede nie. Drank beheer gelukkig nie my lewe nie.

Anoniem ·

Kon nogal n lekker punch gemaak het met al daai dop en so 3 pelle genooi het en gou oor die naweek met dit klaar gespeel het hahahaha

SjN ·

Kon dit halfprys verkoop het en geld gebruik om huise te bou,

vis ·

Snaak die stad wat die meeste drank maak is nou gekant teen drank. Wat is volgende, toemaak van wynplaase ?

Judge Dredd ·

Vis jy verstaan nie – as hulle die drank konfiskeer dan moet die mense mos nog weer drank koop – die wynplase maak meer geld.

alida ·

Dit lyk my baie het die betekenis van Kersfees vergeet. Dit gaan nie oor drank nie.

Willie ·

Ek is nie snaaks nie, maar die ander dam se eende, maak groot marakas as hulle so gesuie is…. veral op straat en in publiek..

Pieter ·

Ek het nou al die argumente ( beide vir en teen) gelees maar daar bly vir my nog steeds n groot verkeerd met daai prentjie?

E ·

Nee!!!!!
Kon vir halfprys verkoop word en die arm mense gehelp het met kruideniers.
Baie swak om dit so te vermors!!!!

Ivan ·

Is daar iets verkeerd met my wiskunde of lees ek nie reg nie

GORDON ·

ek stem saam met die konfiskering van die onwettige alkohol , maar om dit uit te gooi soos n kind nadat hoeveel rande spandeer is om dit te verbrou nie , hoekom word dit eerder weer herverkoop nie en die fondse wat hier uit behaal word weereens aangewend word om die in nood by te staan nie , daai alkohol moet ook n negatiewe uitwerking he waar die uitlaat van die alkohol punt is ?????, ,,,,,,,,,, vra ook maar net en bid ek kry n antwoord ?

Marius ·

Daar is gevind dat die siekte in kos nou ook in brandewyn versprei is.
Almal word versoek om so gou as moontlik al hulle bottels brandewyn by my huis te kom aflaai vir toetse.
Toets werk beste met ys en coke,so bring dit ook saam.
Onthou…dis maar net omdat ek omgee vir julle gesondheid.

Anoniem ·

Why You can drink and die while you can smoke and fly.Hou op drink want dagga is mos nog wettig?

Karen ·

Rerig, wie wil hulle flous – ek wonder hoeveel drank is vernietig en hoeveel is weggedra!!!

Julia ·

Baie duidelik dat mense Nie meer weet waaroor Kersdag en Paasfees gaan Nie en eendag te laat Gaan wakkerskrik. My innige simpatie. Julle Gaan dit meer as drank nodig kry

bgj van der westhuizen ·

verbiet drank in die openbaar wand n dronk mens is n las vir almal drink by jou huis as jy dan wil drink

humor ·

Vis die wynplase sal wel een of ander tyd gekonfiskeer word. Onteiening sonder vergoeding. In so n mate dat tot die laaste wingerdstok sal vrek van dors en skimmel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.