Duitse hof reik lasbrief vir Markus Jooste se inhegtenisneming uit

Markus Jooste (Argieffoto: Rodger Bosch/AFP)

ʼn Duitse hof het ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Markus Jooste,  voormalige hoof van Steinhoff, uitgereik nadat hy versuim het om vir die begin van sy verhoor op te daag.

Jooste het nie in April vir die begin van sy verhoor by die hof in die noordwestelike stad Oldenburg opgedaag nie.

Die 62-jarige voormalige uitvoerende hoof word daarvan beskuldig dat hy vals transaksies gebruik het om die groep se wins kunsmatig op te blaas.

Die lasbrief teen Jooste is twee weke gelede uitgereik, volgens berigte van Bloomberg News, nadat aanklaers ʼn versoek aan die hof gerig het.

Die Reserwebank het in Oktober verlede jaar begin om op bates van Jooste beslag te lê nadat ʼn hofbevel in die verband bekom is.

Daar is op miljarde rande se bates, waaronder Jooste se huis in Voëlklip en die Stellenbosse wynplaas Lanzerac, beslag gelê. Ander bates waarop beslag gelê is, sluit in duur kunswerke, voertuie, finansiële bates en lenings, asook ander roerende eiendom.

Die hofbevel het die balju ook die mag gegee om dokumente en ander items te deursoek vir bewyse van boekhou-onreëlmatighede.

ʼn Reuseskandaal het Steinhoff in 2017 getref toe die maatskappy ondersoek is vir beweerde bedrog en gapings van tot R101 miljard in sy rekeninge gevind is.

Die maatskappy, gesetel in Suid-Afrika, is in Frankfurt en Johannesburg genoteer en byna 98% van sy aandeelwaarde is uitgewis nadat tientalle hofsake deur aandeelhouers en sakevennote, ook die voormalige voorsitter, Christo Wiese, aanhangig gemaak is.

Die gedragsowerheid vir die finansiële sektor (FSCA) het Jooste vroeër ʼn boete van sowat R161 miljoen opgelê vir oortredings wat verband hou met die Wet op Finansiële Markte. Hy het egter suksesvol daarteen geappelleer en dit is vir heroorweging terugverwys.

Die Johannesburgse aandelebeurs het Steinhoff in Oktober 2020 met R13,5 miljoen beboet omdat hy die noteringsvereistes oortree het deur “vals en misleidende” inligting te publiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johan Tredoux ·

Marcus die “fall-guy”. Die ander grootkoppe in Steinhoff is te slim en te kranige besigheidsmanne om blindheid te kan pleit.

Harley Davidson ·

Net so het die wêreld hof ‘n lasbrief uitgereik vir Putin/ Poeten .

Hendrik ·

Ongelooflik, kan n mens dan so onversadig wees ? Sout water les nie n mens se dors nie. Heel duidelik het hy nog nie van Salomo se wysheid kennis geneem nie. n Goeie naam is veel meer waardevol as rykdom. Ek wonder of daar darem iemand sal wees wat hom in die gevangenis sal bbesoek. Totaal gestroop!

Groen Ghoen ·

Ja, ek sal vir hom besoek net soos wat ek ook ander mense in die tronk besoek. Laat die sondeloses dit geniet om die eerste klippe te gooi.

marius ·

Die arme Duitsers weet nie hoe werk die onregstelsel in Sudafrika nie.

Amelia ·

En waanneer gaan ministers wat korupsie gepleeg het hof toe en waanneer sal vorige ministers se “gesondheid” nie in pad wees vir hul hofsake nie

bolletjie blom ·

Ek verstaan sy minnares leef soos ‘n koninklike. Is die deler dan nie so goed soos die steler nie? Terwyl hy nog met sy vrou getroud was het hy en die minnares die lewe geniet.

Hendrik ·

Minares, glo nie dit het gegaan oor liefde nie, maar ewe eens oor skatte. Wat het sy bedoel toe sy vir hom gese het “Skat”?

domheks ·

In SA kan jy maar weg bly by hofsake. Nou probeer hy seker dieselfde in Duitsland! Skattie het seker bedoel ‘skat’ = ‘skatryk’

houopkruip ·

Sien met belangstelling uit om hierdie hofsake te volg
Byna onmoontlik om publieke mpy’e se finansiele state tot so ‘n groot mate te manupileer deur net die h.u.b. of b.d.
Sal graag wil hoor wat het o.a. die voorsitter ook in die hof te se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.