Drie Duitse toeriste is Woensdagoggend by ‘n strand in Salt Rock, KwaZulu-Natal, gered nadat hulle omstreeks 10:28 in die see beland het.
“’n Pa, sy 13-jarige dogter en 16-jarige seun is by Granny’s-swembad in Salt Rock deur die golwe meegesleur,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. Lewensredders van Kwadukuza het die mense reeds gered toe paramedici by die toneel opgedaag het en hulle was reeds op die strand. “Paramedici het die pasiënte vir amper-verdrinksimptome behandel en hulle toe na ‘n Netcare-hospitaal in Ballito geneem vir verdere behandeling.