Ebrahim Rasool glo op pad na kabinetspos

Ebrahim Rasool. Foto: Flickr/GovernmentZA

Onberispelike ANC-bronne beweer die voormalige Wes-Kaapse premier en Suid-Afrikaanse ambassadeur in Washington, Ebrahim Rasool, is op pad na die nasionale parlement.

Rasool is glo bestem vir ’n kabinetspos as die ANC vanjaar se algemene verkiesing wen. Rasool se naam gaan baie hoog op die lys van die Wes-Kaapse ANC na die Nasionale Vergadering wees wanneer die ANC se kandidaatlyste na hierdie naweek se vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van die ANC gefinaliseer word, is aan Maroela Media gesê.

Rasool was Wes-Kaapse premier van 2004 tot 2008, toe hy deur sy eie partylede gedwing is om te bedank vanweë verskeie omstredenhede en bewerings van korrupsie wat sy administrasie omhul het.

Rasool het toe ambassadeur geword in Washington, en is nou al geruime tyd terug in die Kaap, waar hy ’n redelik lae openbare profiel handhaaf.

Hy is egter aangestel as die ANC se Wes-Kaapse verkiesingskoördineerder en het die afgelope twee weke sterk na vore getree toe hy die brandgeteisterde Wuppertal namens die ANC besoek en vandag die ANC se verkiesingsveldtog in Kaapstad se wyk 101 (die plakkerskampe Wallacedene en Bloekombos buite Kraaifontein, wat die ANC beslis maklik sal behou) aangevoer het.

Die aanstelling van die kabinet is ’n volkome prerogatief van die president, maar in praktyk stel die president dit in konsultasie met leiersfigure in die regerende party saam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

Is hy dan swart genoeg in terme van regstellende aksie vereistes? Ek weet van talle gevalle waar sy mede-kleurlinge nie werk kry nie, juis om daardie rede. En voor almal my nou kruisig: ek het bewyse.

jaco ·

is sy ras darem “reg” in terme van regstellende aksie vereistes? Baie van sy rasgenote in SA kry nie werk nie en moet gereeld hoor “sorry you are not black enough”. Ek het wel bewyse vir hierdie opmerking.

Pieter ·

Verwag korrupsie van ‘n party wat verrot is tot in sy kern.

Maljan ·

Dis ner om kleurlingstemme te kry. Kom ons hoop antie Pattie vat hulle kort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.