Een dood, 4 gewond toe gevangene losbrand

Argieffoto: ANA.

ʼn Gevangene is dood en vier ander gevangenes gewond nadat ʼn verhoorafwagtende gevangene wat Saterdag by die Isipingo-polisiekantoor, suid van Durban, aangehou is ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en losgebrand het.

Ondersoek word ingestel hoe dit kon gebeur het dat dié gevangene, wat veronderstel was om deursoek te word voordat hy in die selle toegesluit is, die vuurwapen by hom gehad het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê na bewering is die gevangene in polisieaanhouding geneem sonder dat hy deursoek is. Hy het skielik ʼn vuurwapen te voorskyn gebring, probeer om “sy pad uit polisieaanhouding oop te skiet” en ʼn ander gevangene doodgeskiet.

“Die skieter is daarna deur ʼn polisiebeampte geskiet. In die proses is vier ander verhoorafwagtende gevangenes ook geskiet en gewond. Nog twee gevangenes kon daarin slaag om te ontsnap,” het Dlamini gesê.

Die vier gewonde gevangenes en die skieter is vir behandeling na ʼn hospitaal geneem. Volgens Dlamini is die skieter steeds in die hospitaal in ʼn stabiele toestand.

ʼn Saak van moord en poging tot moord is teen hom aanhangig gemaak.

“Opod sal bewerings van nalatigheid teen alle polisiebeamptes en hul bevelvoerders ondersoek wat toegelaat het dat ʼn gevangene aangehou word met ʼn vuurwapen in sy besit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert ·

Die betrokke nalatige Polisielede gaan seker weer net n rapsie oor die vingers kry en n “moenie weer nie, julle stouters” aanhoor nie.

Mickey ·

Moor, skiet en baklei elke liewe dag. Hoe kan dit nou n lekker lewe wees. Ek dink die donker hang swaar oor so n persoon se kop. En die nalatigheid van sommige polisie lede is verstommend. (Daar is wel polisie lede op wie mens kan trots wees). Wie ookal die vesuim het om die man te deursoek is net so skuldig aan hierdie moord.

Skyspy007 ·

Nou-ja toe….jy moet maar rondkyk in die SAPSstasie terwyl jy jou dokumente laat verifieër….jy kan dalkies in die pad wees van die ronddwaal koeël wat deur ‘n mede landsburger per abbuis afgevuur word…..NET in hierdie land hoor

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek lees nêrens dat die SAPD lede wat hierdie verhoorafwagtende “ingeboek” het, tereg staan op medepligtigheid nie? As jy nie jou werk doen om te verseker dat ‘n persoon onder arres nie ‘n vuurwapen by hom het nie…………is jy mos medepligtig indien so ‘n person daardie vuurwapen gebruik, nie waar nie?

thelsa ·

Ek neem aan dit is OPGELEIDE SAPS lede waarvan ons hier praat en nie Studente-konstabels wat so pas met opleiding begin het nie. Nee, o nee. DIE SAPS is soo pateties hulle weet nie eers hulle is pateties nie.

Maggie ·

niks verbaas my meer nie, alles in Polisie is van swak gehalte!!!, bid jou aan gevangene het pistool!!!, swak opleiding!!!!

Speedguard ·

Respek moet verdien word, op die huidige stadium word die mense wat kan onder die selfde kam geskeer !!

VATMYGELD ·

En kom ek raai, sy saak gaan eers 2020 afgehandel word, van al die uitstel. en ons wat tax betaal moet opdok daarvoor.

Sit hom op n boot en ry diep in die see in, en laat hom terugswem kant toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.