Een dood, twee beseer toe motor in sloot beland

Een van die passasiers is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger. (Foto: ER24)

ʼn 30-jarige man is dood en twee ander beseer toe die voertuig waarin hulle gery het, gerol en in ʼn sloot beland het. Die voorval het Saterdagaand op die R580 tussen Evander en Secunda in Mpumalanga plaasgevind.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het paramedici teen 23:23 op die toneel aangekom.

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is uit die voertuig geslinger en het sowat 15 meter van die wrak gelê. Hy het matige beserings opgedoen.

Die 32-jarige bestuurder en ʼn 30-jarige passasier was steeds in die motor. Die bestuurder het matige beserings opgedoen terwyl die passasier op die toneel dood verklaar is.

Die beseerde pasiënte is na nabygeleë hospitale vir behandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miena ·

Dit is baie slegte nuus van sulke jong mense. Mens sal nie weet wat die direkte oorsaak van ongeluk was nie – maar ons paaie hier in MP is GLAD NIE VAN BESTE KONDISIE NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.