Die polisie het Woensdag in die vroeë oggendure ʼn vermeende rower doodgeskiet en vier ander in hegtenis geneem op die R21-snelweg in Gauteng.
Volgens kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, soek die polisie al ʼn ruk lank na verdagtes wat betrokke is by die diefstal van motorfietse, bote en karavane in die provinsie. Die polisie het inligting ontvang dat verdagtes ʼn motorfiets in Pretoria gaan steel.
“Ses verdagtes in ʼn Toyota Hilux-bakkie met ʼn sleepwa en ʼn Toyota RunX het vroegoggend ʼn motorfiets in Centurion gesteel.”
Polisiebeamptes het die verdagtes agtervolg tot op die R21-snelweg waar daar naby die Olifantsfonteinweg-afrit ʼn skietgeveg tussen polisiebeamptes en die verdagtes uitgebreek het.
“Een verdagte is noodlottig gewond, terwyl nog een gewond en onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir behandeling. Drie verdagtes is in hegtenis geneem.”
Buiten die verdagtes se motor en die gesteelde motorfiets is ook op twee vuurwapens beslag gelê. Die sesde verdagte kon daarin slaag om weg te kom en word deur die polisie gesoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Ai, jammer net een.
Ja, ek stem, nou vat een nog ‘n hospitaal bed ook.
Ai net een noodlot,,,,,,
Hoop die een is in n staatshospitaal sonder pynstillers.
Moan, Moan, Moan….