Een solank gevonnis oor bedrog by bank

Argieffoto. (Foto: Elaine Krige)

Chilleroy Floyed Buys (40) het Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof skuld beken op aanklag van bedrog en geldwassery.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Mosa Harington Tseleli (39) was in 2017 ʼn werknemer van Standard Bank. “Hy het ʼn voertuigfinansieringsaansoeke en persoonlike lenings vir sy medebeskuldigdes, Buys, Simon Cornelius Botha (49), Glen Ceasar Crouch (34), Jolene Crouch (38) en Veronica Crouch (33) geprosesseer, sonder dat daar aan die vereistes voldoen is.”\

Ná die aansoeke bedrieglik goedgekeur is, het Buys verskeie luukse motors soos ʼn BMW, Mercedes-Benz en Volkswagen aangeskaf. As gevolg van die bedrieglike aktiwiteite, het Standard Bank en Wesbank verliese van meer as R6 miljoen gely.”

Die saak is by die Valke se eenheid in Bloemfontein, wat ernstige korrupsie ondersoek, aangemeld. “Die ses verdagtes is op 10 Februarie 2020 in hegtenis geneem.”

Buys is 12 jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is. Hy moet ʼn bedrag van R300 000 aan Standard Bank en Wesbank terugbetaal deur ʼn maandelikse betaling van R5 000. Hy is ook 12 maande korrektiewe toesig opgelê.

Die saak teen die medebeskuldigdes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Realis Thailand ·

Wat n belaglike vonnis
Hy moes 15 jaar gekry het
.Deesdae moet jy maar net skuldig pleit e nvra vir genade en jy kry dit

ES ·

Dis ongelukkig so – veral as jy ‘n eerste ootreder is. Die nadeel is dat hierdie persoon nooit weer sal werk kry nie. Hy het homself alreeds skuldig gemaak aan bedrog, so nou gaan hy maar sy nuwe beroep verder uitoefen.

Yvonne ·

Mammon kry nog en nog en nog aanhangers…..mense het hulle gesonde verstand verloor en buig voor die afgod wat hulle tot n val lei…..hoe bitter tragies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.