Een vas ná groot horingdiefstal

Foto bloot ter illustrasie (Geskep deur KI, Dall-e)

Een persoon is reeds agter tralies ná die reusediefstal van opgepotte renosterhorings uit ʼn kluis in Noordwes.

Die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, die polisie en misdaad intelligensie-eenheid op Rustenburg het die 40-jarige man Donderdag in Rustenburg in hegtenis geneem in verband met die diefstal van 51 renosterhorings.

Maroela Media het vroeër berig die horings is sowat ʼn week gelede uit ʼn kluis van die Noordwes-parkeraad se hoofkantoor in Mafikeng gesteel.

Volgens Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die Valke, het inligting die span na ʼn huis in Boitekong by Rustenburg gelei, waar die man aangekeer is.

“Vyf voertuie wat vermoedelik in die pleeg van die misdaad gebruik is – ʼn Range Rover, Land Rover, BMW, Nissan X-Trail en Honda Civic – is gekonfiskeer vir verdere ondersoek,” sê Mathebula.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Mmabatho-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

mattk ·

Hoekom word die horings geberg? Is dit nog bewysstukke in onafgehandelde sake? Hoekom is dit nie vernietig soos wat met ivoor gedoen word nie Hierdie was ‘n versoeking wat net vir die regte oomblik gewag het, maar die verkeerde persoon het dit probeer buit.

5ku883 ·

Want jy het n permit nodig om dit te vernietig wat nie tans toegestaan word nie. So enige iemand wat onthoring is ‘n “sitting duck”. Party eienaars doen nie eens meer aansoek nie want dit skep net te veel mense wat weet waar dit gehou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.