Een vas ná kelner se dood

Braden Cannoo. (Foto: Facebook)

Een verdagte is reeds agter tralies ná die dood van Braden Cannoo, ʼn 22-jarige kelner wat omgery is toe hy selfoondiewe agternagesit het.

Maroela Media het vroeër berig drie mans en ʼn vrou het Maandag omstreeks 19:30 die Jakes-restaurant in Steenberg Village in Tokai binnegegaan. Die vier het hulle as klante voorgedoen, maar die restaurant verlaat voordat daar vir hulle sitplek aangewys is.

Cannoo het intussen agtergekom dat een van die restaurantwerkers se selfoon gesteel is. Die drie mans het in ʼn voertuig buite die restaurant gespring en die vrou agtergelaat.

Cannoo het hulle agternagesit en op die enjinkap van die motor gespring terwyl die verdagtes weggery het. Hy is van die voertuig geslinger waarna die voertuig oor hom gery het. Hy is ook ʼn ent ver deur die motor gesleep.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê ʼn 34-jarige man is Donderdag in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy verskyn na verwagting Dinsdag in die Wynberg-landdroshof op ʼn klag van moord.

Die vrou is dieselfde aand vir selfoondiefstal in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Niklaas ·

So onnodig dat hy sy lewe moes verloor, net om ‘n selfoon te herwin.

Die Goodwoodianer ·

Mnr Cannoo, jy was ñ ware held. Rus in vrede, vriend. Reg en geregtigheid sal geskied.

Sarel ·

Lewe vir ‘n Selfoon ? Wat gsan met die vrou gebeur , diefstal van selfoon?

Gemaskerde Sopbeen ·

Sterkte aan familie en vriende. Mag Reg geskied

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.