Suid-Afrikaners kan solank maar hul komberse uit die kas haal, want volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) word beduidend laer temperature van Saterdag af in groot gedeeltes van die land verwag. Die weerdiens voorspel ook die eerste sneeu van die jaar.
Die koeler weer word Saterdag en Sondag vir die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat en die oostelike dele van Noordwes voorspel.
Volgens Mbavhi Maliage, ʼn weervoorspeller by die SAWD, word die koue veroorsaak deur ’n afsny-laagdrukstelsel wat teen Vrydag in die weste van die land inbeweeg.
Maliage sê dié weerstelsel sal beduidende temperatuurdalings tot gevolg hê. Maksimum temperature tussen 16 °C en 24 °C word verwag.
Die weerdiens voorspel ligte sneeu op die berge van Lesotho en die suidelike dele van die Drakensberge.
Volgens die weerdiens sal swaar reën ook plek-plek in die noordoostelike dele van die land uitsak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Ek se bring it on. Ek nou dik vir die sweet weer.
Die winkels is reg met sweetpakke en parkas soos mens nog nooit gesien het nie. Hulle hoop op groot koue en vol bankrekeninge. Snowballs’ hope.
Daar is mos niks wat ons keer om vanmiddag ‘n vleisie op die kole te gooi nie.
Lekker kan nie wag nie wil songraag vir my vrou en seuntjie snee wys
Kan ek darem toe skoene en langmouhemp koop vir die koue?