EFF betoog by HTS Middelburg

(Foto: Verskaf)

Die polisie in Mpumalanga is Woensdag na ʼn hoërskool op Middelburg ontbied nadat die EFF – vermoedelik oor salarisverhogings – betoog het.

Kol. Donald Mdluli, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die polisie het gehelp om verkeer naby die skool te beheer.

“Navrae oor die betoging moet egter aan die departement van onderwys gerig word aangesien die voorval op die perseel van die skool plaasgevind het, wat onder dié departement val,” sê hy.

Die onderwysdepartement was egter by navrae van Maroela Media nie van die voorval bewus nie.

Intussen het die VF-plus sy ongelukkigheid oor die protesaksie uitgespreek.

“Die protesaksie by HTS Middelburg in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit handel glo oor arbeidskwessies tussen algemene werkers en die skool. Die hoofhek in Samora Machelstraat was afgesper deur betogers wat in- en uitgang na die skool verhinder het.”

(Foto: Verskaf)

Die VF Plus sê die EFF is nie ʼn party in dié dispuut nie en is ʼn politieke party eerder as werkers se verteenwoordigende liggaam soos deur arbeidswetgewing bepaal.

“Dit is onaanvaarbaar vir ʼn politieke party soos die EFF om betrokke te raak by die ontwrigting van onderrig by skole eerder as om werkers aan te moedig om ʼn vreedsame oplossing vir hul griewe te vind.

“Dit sleep nou al sporadies voort sedert Julie vanjaar. Onskuldige kinders se onderrig word nou onderbreek sodat die EFF politieke punte kan aanteken.”

Die VF Plus sê hy gaan met die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, skakel om die geskil te bemiddel of om ʼn interdik teen die stakers te bekom.

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frank ·

In China maak die kinders self alles skoon en hou dit skoon. Sou uitstekend wees as ons skole dit ook kon doen want dit leer kinders disipline en heelwat ander dinge maar die ANC (en EFF) sal nooit toelaat dat hulle stemvee beter werk doen as kinders nie.

Harley Davidson ·

Die eff het nooit weer Brackenfell toe gegaan nie ,die middelburg inwoners moet miskien by hulle leer hoe jy die eff verwyder.

Andrew ·

As jy weet hoe dit rondom witbank en middelburg lyk sal ek twee keer oor daai truuk dink

Bekkie ·

Agge toggie, die EFF wil nou maar net weer ‘n vinger in die pie he, shame tog!

Gerhardus ·

Die EFF moet besluit of hulle ‘n politieke party, of ‘n vakbond, wil wees. Hulle kannie beide wees nie. As hulle eerder ‘n vakbond wil wees, moet hulle die politiek los of, as hulle ‘n politieke party wil wees, moet hulle die arbeidsgeskille los vir die regte vakbonde. Dit is tyd dat hulle aangekla word by die verkiesingsraad, of ge-deregistreer word as politieke party.

Grassie ·

Hulle moet ‘n slag gemoker word. Hulle dink almal se broeke bewe van vrees as hulle opdaag. Dit is tyd dat hulle met die werkliheid kennis maak.

Amelia ·

Grassie stem saam klomp wil net almal se bloeddruk opjaag want hul weet doen jy iets sit jy in tronk dan is die mos nou weer heeltemal onskuldig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.