EFF by etiekkomitee, MRK verkla

Malema sluit die deure van ‘n Clicks-winkel in Polokwane met ‘n ketting en slot (Foto: Verskaf)

Die DA het ʼn klag by die parlementêre etiekkomitee ingedien teen EFF-parlementslede wat glo die afgelope week by die Clicks-betogings betrokke was.

Die polisie het vroeër bekend gemaak dat ʼn EFF-LP in hegtenis geneem is in verband met die betogings. Die LP word aangekla van die beskadiging van eiendom, aanranding van ʼn polisiebeampte en verset teen inhegtenisneming.

Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, het gesê die DA het ook ʼn klag teen die EFF-leierskap by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak.

“Die EFF-leiers se gedrag op sosiale media en by winkelsentrums oor die hele land is afgryslik. Winkels is met petrolbomme bestook, werkers en klante is geïntimideer en lede van die media is hardhandig gehanteer terwyl hulle gepoog het om hul werk te doen.”

Volgens Mazzone is die EFF se regverdiging van die gewelddadige gedrag afgryslik en strydig met hul rolle as LP’s en hul plig om die beginsels van die Grondwet te handhaaf.

Hierdie geweld en vernietiging het die aandag afgetrek van die pyn en woede wat voortgespruit het uit Clicks se aanstootlike en ongevoelige advertensie, sê Mazzone.

“In geen daad wat die EFF hierdie week gepleeg het, was daar ʼn greintjie medelye met die werkers wie se lewensonderhoud afhanklik is van Clicks as hul werkgewer nie. Daar is nie gedink oor die verlies aan inkomste wat sou plaasvind terwyl winkels nie toeganklik is nie.”

Die EFF hou daarvan om te beweer dat hy daarop mik om armes tot ekonomiese vryheid te bemagtig, maar volgens Mazzone het die party baie min gedoen om hierdie woorde in werking te stel.

“Hulle hou daarvan om dit in die strate te skree en op sosiale media te skree, maar wanneer dit kom by aksie, bereik hul optrede presies die teenoorgestelde. Dit lei dikwels tot sporadiese beskadiging van ondernemings, wat noodwendig daartoe lei dat werkers – dikwels die armstes van die armes – finansieel swaarkry.”

Die DA het intussen ook die inhegtenisneming van tien verdagtes, onder wie die EFF-LP, in verband met die betogings verwelkom.

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie, het gesê die party het Maandag strafregtelike klagte teen EFF-leier Julius Malema en sy party aanhangig gemaak.

“Hoewel ons die inhegtenisnemings en minister [Bheki] Cele se veroordeling van die gebeure verwelkom, doen ons ʼn beroep op die SAPD om toe te sien dat alle EFF-lede wat ʼn misdaad gepleeg het, ook Malema, in hegtenis geneem word.”

Volgens Whitfield meen die DA ook dat die EFF verantwoordbaar gehou moet word vir die skade wat aan Clicks-winkels aangerig is.

“Die party het deur sy optrede ʼn algehele miskenning van die oppergesag van die reg asook die beskerming van private eiendom getoon.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

lon ·

die EFF gee nie om vir sy mense nie, eintlik het hierdie advertensie niks met die wittes te doen gehad nie, hulle die EFF het dit ‘n ras ding gemaak, dit gaan nou weer JARE vat voor dit op die boekrol kom en miljoene later en hulle is nogsteeds daar. so gaan dit in vandag se tyd.

Adam Adriaan ·

Die DA mors hulle energie en tyd om dit na die nuttelose organisasie te verwys. Die MRK het tot dusver getoon dat hulle slegs een tipe klagte aanvaar en ondersoek. Die uitkoms is gewoonlik pateties en eensydig.

Johann ·

Dink seker nie rerig Julius en sy mede rooipetters steur hulle aan etiese gedrag nie? Vir hom en hulle gaan dit oor aandag, en of dit brand en breek en verwoes en intimideer vat, gewetenlose lafaards wat agter elke grassie n rassis sien.

En hy weet sy bagsbasis brand die land af AS hy ooit vervolg sou word. ANARGISTE uit die boek uit!

Cherokee ·

Hou tog net op om van malema op sy voornaam te praat, asof julle vriende is. malema is bloot net malema.

Tokkel ·

Julle, ons almal weet mos die EFF leef altyd inontkenning….. hulle breekaf, brandaf, laat agtergebelewendes nog armer word, maar hulle doen niks nie….Het ek al ooit gesien dat die EFF kospakkies uitdeel in Covid tyd? Het ons al ooit gesien dat hulle enige, maar enige mense ophef ?
Nee, maar waar daar skade aangerig word en Hitler gespeel word, hardloop hulle voor .
Ek dink nie hulle het skaamte wat hulle die jong jeug van SA leer nie, nee hulle maak van hulle liewers krimenele!!!

Genis ·

Hoe lyk daar Delema se kapsel ook so vaal..dalk die produk kry boet?

Kaal Keiser ·

Solank die EFF kiesers het is hulle party lede se beursies vol. Hoekom sal hul omgee vir hul medemens. Gaan net oor hul eie belang.

Spyker ·

Is die optredes nie n oortreding van n Wet nie. Daar was so-iets vroeër jare maar dit is seker geskraap.

Trotse Boervrou ·

Daar is eers gewag dat daar geheel en al chaos uitbreek voordat daar ‘n halfhartige poging aangewend is om geluide te maak dat daar dan nou sodanig verkeerd opgetree word. Die VREEDSAME optoggangers in die Kaap is met waterkanonne begroet. Mense wat absoluut geen wet oortree het nie, is in hegtenis geneem. Nou praat ons nie eens van die tannie in Walmer se winkelsentrum wat net haar inkopies VREEDSAAM wou doen nie. Hierdie Regering maak my naar.

Androclus ·

Ek weet nie waaroor hulle so te kere gaan nie, want hulle dra elke dag die Indies se hare.

koos10 ·

Hiervan gaan ook niks kom nie.
Die EFF word deur die ANC befonds om aandag af te lei, as hulle grootboet dit nodig het.

popsa ·

Sulke leiers wil ek tog nie hê nie. Dis verleiers wat ‘n land se ekonomie op hierdie wyse ernstig beskadig. Dis so maklik om af te breek en te verwoes, maar het hierdie persone met die rooi klere al ooit iets opgebou?

Andre ·

Ag vergeet maar. Daar sal nie genoeg bewyse wees nie, of die leêr sal verlore raak, inbraak of brand sal alles vernietig.

Sarel ·

Intussen was ‘n kind vermoorvin Bendegeweld….geen EFF lid of BLM ( Minister van Sport neem.ke nis)naby nie. Kan hulle dit verduidelik? Want dit blyk dat ‘n Hareadvertensie meer werd is as ‘n kind se lewe.

My Mening ·

Ek kan eerlikwaar niks afgrysliks en ongevoelig aan die advertensie sien nie. Dit gaan hier oor mense se eie aannames, die geleentheid om die kamstige afgryslike situasie tot hul voordeel te gebruik en natuurlik net ‘n verskoning om weer te verwoes en af te breek.

Blikkantien ·

Ek sien sekere mal-emmertjies spog deesdae met ‘n nuwe haarstyl. Hoop nie sy hare is droog en bros nie, want dan gaan hy sukkel om produkte aan te skaf.

Hoekom ·

Die EFF is baie braaf as hulle slagoffer nie kan terug veg nie. Sê baie van hul karakter.

Casper ·

Hoelank gaan Julius Malema wegkom met sy uitgesprokenheid en wandade teen sy eie mense.Hoeveel sake is daar al teen hom oor aanhitsing tot geweld.Dit kan mos nie vryheid van spraak wees soos vervat in die grondwet nie.Hoeveel plaasmoorde was daar al a g v sy aanhitsing.Waar is Madiba se reënboognasie en nasie bou.

Friedrich ·

Die hoof ammok maker is ou dom kop Mal-ema en sy 2de in bevel, Dali Mpofu. Sluit toe die blikskottels!!

Persheks Adri ·

Ag genade hier gaan ons al weer. Wanneer gaan rooi petters en groot mal rooi petter sit? Dis onaanvaarbaar en skep geweldige kommer. Dit grens aan terrorisme punt! Hy skiet in die publiek en daar is soveel klagtes teen hom, maar hy gaan aan met sy lewe en rassisme! Dis al lankal tyd dat hy gaan sit! Gaan die MRK regtig iets doen?

#Tsek EFF tsek man

Alet ·

Hoe kan die president van Suid Afrika die EFF se gedrag toelaat ? Hoe lei hy ons as dit toegelaat word dat ons land in nog erge ekonomiese ellende versmoor word deur die EFF se toedoen ? Hoekom is hy so stil????

Jakes ·

Die MRK het maar min geloofwaardigheid en die enigste oplossing om die EFF aan bande te le is om die hele spul sogenaamde leiers oranjepakke aan te trek en die sleutels weg te gooi.

4ntj13 ·

Politici, anders as polisie, kan woorde gebruik om oumense en siek mense se baie meer fundamentele menseregte om hul medisyne by Clicks te kry wanneer hulle dit nodig het, beskerm. Ook om te wys dat witmense nie gaan toy-toy het omdat hul hare as fyn en plat bestempel is nie. Was dit nie ook “rassisties” nie, of het lang tone nou die simpel woord al só ver laat verdraai?

AndrewL ·

Die MRK het tot nou toe telkemale bewys dat hul nie onafhanklik is nie. In teendeel, hulle spits hul net toe waar swartes kla. Waar daar ernstige vergrype teen blankes gepleeg word, staan hul gerieflikheidshalwe terug of ondersoek hul dit gladnie. Hul vermy enige optrede van hul kant teen vergrype van swart mense

Petrus Johannes ·

MRK sal niks doen as blankes so opgetree het was almal reeds in selle

Anoniem ·

Die SMRK (selektiewe menseregte Kommissie) gaan niks doen nie

Dirk Mostert ·

Die MRK is die probleem, nie die oplossing nie. Dit behoort aangekla te word vir aandadigheid aan/aanmoediging van onwettige grondbesetting in Kaapstad en elders.

Wat op dees Aarde ·

Daar sal niks gebeur nie. Die EFF is eintlik inbeheer van die land en nie die ANC nie. Die kaders kyk mooi na mekaar.

LANA is ELANè ·

Daar sal net mooi niks hiervan kom nie, dit is al oor en oor bewys dat die EFF verhewe is bo die wet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.