EFF gryp glo poligraaftoerusting in Tshwane

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: Werner Beukes/SAPA)

Lede van die EFF, onder wie die party se streeksvoorsitter Obakeng Ramabodu, het Maandag glo ʼn private perseel betree en poligraaftoerusting gesteel tewyl Action SA-raadslede met dié proses besig was.

Michael Beaumont, Action SA se nasionale voorsitter, het reeds foto’s van die drie EFF-raadslede op Twitter gedeel wat na bewering betrokke was, en aangedui dat daar “gevolge” gaan wees.

Die party meen die EFF se optrede is ʼn bewys dat dié party wil verhoed dat die waarheid oor die aanstelling van Tshwane se nuwe burgemeester, dr. Murunwa Makwarela van Cope, op die lappe kom. Daar word reeds ʼn mosie van wantroue in Makwarela beplan. Die mosie sal glo ter tafel gelê word sodra diegene geïdentifiseer is wat sonder toestemming bande met die veelpartykoalisie verbreek en vir Makwarela gestem het.

News24 het verlede week berig dat die DA en sy koalisievennote ActionSA en die VF Plus poligraaftoetse gaan doen om die agt raadslede te identifiseer wat saam met die ANC en EFF gestem het om die aanstelling van die Cope-raadslid as Tshwane se nuwe burgemeester te verseker.

Cilliers Brink was die koalisie se burgemeesterskandidaat.

Die EFF het heftig hierop gereageer en aangedui dat so ʼn proses “onmenslik” is. Die party het ook aangevoer dat dit moontlik tot “sluipmoorde en destabilisering” kan lei. Die EFF het raadslede gemaan om “op te tree” indien die koalisievennote met sodanige proses sou voortgaan en ook ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringsvereniging, Salga, gedoen om raadslede te beskerm.

ActionSA het Maandag aangedui dat die party strafregtelike klagte teen die drie EFF-raadslede gaan indien.

“ActionSA sal nie rus totdat die betrokkenes in hegtenis geneem is en as raadslede uit die Tshwane-metroraad verwyder is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Samuel ·

Ek wonder wat die EFF het om weg te steek? Net mense met skuldige gewetens sal so heftig beswaar maak teen poligraaftoetse.

skurweberg ·

Skuldige gewete?, Nee vriend ek wonder of daar so Woord in hulle woordeskat bestaan?. Hulle is bang vir die waarheid en die gevolge daarvan.

skurweberg ·

Hulle sal enige Psigometriese toets verwerp. Ook in die aanstelling van mense in poste. Dis een van redes waarom SA lyk soos hy lyk.

Douglas ·

I used polygraph tests for many years in my business.
There is no better method for rooting out thieves.

Sanet ·

Die mense raak net al hoe meer korrup, en die ergste is dat hulle, hulle eie mense verhoed om vooruit te gaan!!!!!

Herman L ·

Dit gaan nie oor hulle eie mense nie. Dit gaan net oor hulleself.

Koos 100 ·

Want gevolge vir hulle, en politikuse (sonder om te veralgemeen) is mos nul, zero, geen.

Cherokee ·

Soos gewoonlik snaakse reaksie. Duimoppers wat daarvan hou dat hulle niks sal oorkom nie. Maar soos Althes sê, wat hulle saai gaan hulle maai.

Jakes ·

Die hele gespuis van die Eff hoort in n sirkus. Moet hulself eerder die Nar party noem.

Johan ·

Hulle het dalk toetse te doen onder eie geledere, toe ‘leen’ hulle dit net gou….

Anton ·

Die beste van alles, ons liewe “opposisie partye” staan net toe en kyk. Dis tyd om alles wat hierdie swAPE doen (twitter foto met wapen, ens) aan te kla by die IEC. Ek weet die IEC is maar net nog ‘n “captured” entiteit. Maar heavens, iets moet gedoen word.

christo ·

Siestog, die ANC duld die optrede van die EFF, want hulle weet na die volgende verkiesing die ANC die EFF as koalisie vennoot nodig gaan hê om SA nog verder in die grond te regeer.
Wanneer gaan SA ooit polities volwassenheid bereik? Solank politici nét aan hulle eie sakke dink, en die welstand van die land voorop te plaas.

Papsak ·

EFF is korrupt wat wil hulle met daai goed doen hulle wil orals in druk wil gesien gewees regtig gemors

Theuns ·

Spul ongeletterde krininele met geen opvoeding wat oral inpeupel. Kruninaliteit is ingebed. Leer by anc kaders en slap phala phala diefstal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.