EFF-raadslid dood in bakkie gevind

Tsietsi Mohulatsi (Foto: Facebook)

ʼn EFF-raadslid van Rustenburg is vandeesweek in sy bakkie doodgeskiet.

“Tsietsi Mohulatsi is dood en verlate gevind in wat niks anders was as ʼn wrede en onmenslike daad van misdadigheid nie,” het die EFF Donderdag gesê.

Die 58-jarige Mohulatsi se liggaam is in die vroeë oggendure van Dinsdag met skietwonde aan sy bors in sy wit Nissan Navara-bakkie by Freedom Park- informele nedersetting buite Phokeng aangetref.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê verbygangers het Mohulatsi se liggaam in sy bakkie opgemerk en die polisie ontbied.

“Die motief van die voorval moet nog vasgestel word en die ondersoek is nog aan die gang.”

Nog geen inhegtenisneming is al gemaak nie.

Die EFF het in reaksie gesê Mohulatsi se moord kom te midde van toenemende geweldsmisdaad in Suid-Afrika en ʼn neiging van politieke onverdraagsaamheid wat toesien dat geweld die oorhand kry bo vreedsame maniere om verskille op te los.

Die polisie het Donderdag ʼn beroep op die publiek gedoen om enige inligting rakende die moord by die betrokke ondersoekbeampte, sers. Seatile Modisane by 076 834 3531 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Delia ·

EFF, ek is regtig jammer dat julle raadslid vermoor is. Regtig ek is.
Ek lees julle praat van.politieke onverdraagsaamheid, maar moedig steeds sing van daai gewraakte lied aan.
Ek voel so oor ons boere en almal wat in die land vermoor word. Kwaad, soos julle kwaad is oor julle raadslid.
Geen onskuldige mens, boere ingesluit, behoort so vermoor te word en gelos word soos vullis nie.
Ek lees van geskille vreedsaam oplos, maar kyk hoe gaan julle aan in die parlement.
You must practice what you preach…

Johann ·

Rustenburg het nou al nuus gemaak deur ‘n oud burgermeester wat aangekla is van die moord op ‘n raadslid Munisipale bestuurder wat al gearesteer is Laas maand is nog ‘n oud burgermeester gearesteer Nog een het weer in die hof verskyn En nou ‘n raadslid wat vermoor is

Snowball ·

Ten spyte van die tragedie van nog ‘n moordslagoffet in SA, kan ‘n mens nie anders as om te onthou hoe Malema (nie te lank terug nie) belowe het dat die EFF die polisie sal aanvat, in hulle huise daar waar hulle pap eet….en dan wil hulle skielik geweldsmisdaad en politieke onverdraagsaamheid verdoem. Dit is eenvoudig onmoontlik om vreedsaam en EFF in een asem te noem – hulle verpersoonlik onverdraagsaamheid, haat, geweld, aanhitsing, disrespek en anargie. Die EFF moet ‘n slag in die spieël kyk…

Danie ·

Dit lyk my so na natal se politieke moord agenda.Misdadigers sal niks in hulle pad toelaat anders as geld en mag.

Wondermaarnet ·

Wreed en onmenslik? Nee nee nee, dit was vinnig verby. Ons boere word gemartel en wreed vermoor dan is dit niks.

Jixy ·

Dis wat ek ook wou sê. Een skoot in die bors is niks in vergelyking met wat ons boere moet deurmaak nie en dan kan die EFF nog aanhou om die lied te sing wat ander teen die boere opsweep. Dit voel vir my ek het in n paradox beland.

Vexed ·

Kyk dit is nou alles baie hartseer en so aan, maar, hulle noem dit ‘n wrede moord. Hy is dood geskiet en gelos. Mense op plase word gemartel aangerand en op verskeie maniere verinneweer. Dit is wreed. Hierdie was maar net ‘n gewone moord. Dan nie?

AndrewL ·

Die EFF moet nie nou praat oor politieke onverdraagsaamheid nie. HULLE is die primêre aanstokers van geweld en dit boemerang nou.

Dit is heeltemal onnodig dat enige persoon in die land vermoor word.

Delia ·

EFF, Ek het julle verklaring ook gelees. Julle gebruik woorde soos fighter en war….iewers mis ek die bus. Vreedsame oplossings??

Cherokee ·

Die eff gee voor’n afkeur te hê in ‘politieke onverdraagsaamheid wat toesien dat geweld die oorhand kry bo vreedsame maniere om geskille op te los’!

Schalk ·

So jammer soos ek voel oor enige lewe wat sinneloos geneem word moet die rooi berette weet daagliks lei hulle veelbesproke liedjie tot sulke dade en hits mense aan wat nie van beter weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.