Effense beurtkragverligting

(Argieffoto: Nicola Fioravanti/Unsplash)

Eskom sê verbeterde opwekkingsprestasie – en ʼn verminderde vraag na krag oor die naweek – beteken beurtkragfases kan effe afgeskaal word.

Damvlakke by pomp-opgaarstasies kon tot normale vlakke herstel wat beteken beurtkrag word nou van fase 5 tot fase 4 verminder.

Fase 4 sal in hierdie stadium van Vrydag om 14:00 tot Saterdag om 05:00 duur.

Eskom sê hy sal Vrydagmiddag verdere besonderhede bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dirk ·

Snaaks dat die tipe nuus my deesae opgewonde maak. So asof dit normaal is.

Bolandse Nooi ·

Klap-klap-klap …….. mooi Eeeeshdom!!!!! “Thanks4nothing”!!!!!!!!!!!!

Sonblom ·

Kom ons almal sê gou saam “dankie Eskom”. Nie dat ons dit bedoel nie. Daar is nie eers ‘n lig aan die einde van die Eskom tonnel nie want Eskom het dit ook af gesit.

Harley Davidson ·

Onbevoegde klomp daar moet geen kragonderbrekings wees nie ,nou moet ons bly wees vir minder beurtkrag/ geen krag waarvoor ons ten duurste moet betaal, nie net vir die krag nie maar ook die elektroniese ware wat die aan en af beskadig.

Papsak ·

Ag kyk hoe waai ek my stertjie nou ek glo niks want hulle lieg te veel dankie vir niks nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.