Egpaar met byl, skroewedraaier aangeval

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 52-jarige man en sy 45-jarige vrou is Donderdagaand na ’n hospitaal geneem nadat hulle in hul huis in Port Elizabeth in die Oos-Kaap met ʼn byl en skroewedraaier aangeval is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 22:45 plaasgevind.

Drie rowers het vermoedelik deur ʼn oop skuifdeur toegang tot die huis verkry.

“Daar was nie ʼn traliehek voor die skuifdeur nie, en die drie rowers kon maklik toegang tot die huis kry,” sê Janse van Rensburg.

Die rowers het glo onmiddellik op die egpaar toegesak. “Hulle het die man dadelik met die byl en skroewedraaier begin aanval, waarna hulle albei wakker geskrik het. Hulle het die man verskeie kere met die skroewedraaier gesteek en met die byl gekap. Die voorval het egter nie lank geduur voor die rowers op die vlug geslaan het nie.”

Janse van Rensburg sê die rowers het met net twee selfone gevlug. Die man is na die hospitaal geneem waar hy behandel word, hoewel die vrou onmiddellik ontslaan kon word.

“Dit is nie duidelik hoekom hulle juis gefokus het daarop om die man aan te val nie, dit alles is deel van die polisieondersoek,” sê sy.

Meer inligting kan in dié stadium nie bekend gemaak word nie. Janse van Rensburg sê egter die egpaar sal binnekort albei hul verslae aflê.

Enigeen met meer inligting word versoek om die Kabega-polisiestasie in Port Elizabeth te kontak by 041 397 6801.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
m

Oop skuifdeur, rerig is daar regtig nog mense wat so naïf kan wees in n wrede land soos hierdie waar n lewe niks meer werd is nie.

Org

Oh nee, jy mag nie na hulle verwys as rowers nie, hulle was honger, en dit is hkm hulle jou erf, jou huis beset. Neem jy stappe om jou gesin se veiligheid in ag te wil neem dan word jy soos die arme man in Leeudoringstad aangekla vir moord, na dat hy en sy familie aangerand is met koevoete en ‘n rewolwer. So hoe nou moet ons nou sit en kyk en sê laat Gods water oor Gods akker loop. Dit is tyd dat ons moet begin te besef ons is gevangenisse in ons eie huise. Ek glo in God,… Lees meer »

Fly on the wall

Met ‘n oop deur slaap???? Dis mos moeilikheid vra

Fly on the wall

Ek stem..opp deur is moeilikheid vra. Tensy dit oop gelos was vir ‘n rede

Marinda

Iets klink nie vir my reg nie. Is die skuifdeur dalk met ‘n doel oopgelos???