Egpaar op hoewe oorval, aangerand

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof en verkragting nadat ’n egpaar Saterdag in die vroeë oggendure in hul huis op ’n kleinhoewe in die omgewing van Onderstepoort in Pretoria oorval en ernstig aangerand is. Die vrou is ook tydens die voorval verkrag.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee gewapende aanvallers het omstreeks 02:30 na bewering die diefwering gesny om toegang tot die huis op die Soutpan-kleinhoewes te verkry.

Die aanvallers het na bewering vuurwapens op die slapende egpaar gerig en op geld aangedring. Die man het opgespring en probeer om sy haelgeweer op die aanvallers te rig, maar die aanvallers het die man oorval en die wapen by hom gegryp.

Volgens Dlamini het die mans na bewering daarna die egpaar na die badkamer geneem waar hulle met skoenveters vasgebind is. Albei is hier aangerand. Die vrou het beserings aan haar kop en die man beserings aan sy kop en heup opgedoen. Die man sukkel om te loop na die aanval, het Dlamini gesê.

Die vrou is daarna terug na die slaapkamer geneem waar sy na bewering verkrag is voordat die verdagtes met ’n televisie, die haelgeweer, twee selfone en klere ter waarde van sowat R12 000 op die vlug geslaan het.

Volgens Dlamini is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Susan vl ·

Dankie vir die regering wat nog steeds nie hulp aanbied aan ons boere wat sorg dat die land se mense se mae vol is
So verskriklik hartseer, vernederend.. want dit is altyd in n groep…lafaards…

Elna ·

Ek huil elke liewe keer wat ek so berrig lees. Ons is so magteloos ons staan alleen maar ons wil en kan nie saam staan nie. Dis so vreeslik hartseer. Ons kan net bid. Hande vat gaan ons nie. Regering hou hulle doof en blind en ons volkie is besig om uit te sterf. Baie baie sterkte aan die paartjie wat so wreed aangeval is. Ek hou julle in my gebede.

Maria ·

Ja dis my broer se dogter en dit op dieselfde dag wat hy n jaar oorlede is. Ek se genoeg is genoeg iewers moet iemand opstaan eant ons kry geen hulp van die regering nie. Hoeveel moet nog seerkry hoeveel aanvalle moet daar nog wees hoeveel harte moey nog stukkend geruk word hoeveel hoeveel hoeveel.

Francois ·

Dit is ons eie regering vir wie ons finansieel onderhou wat hierdie plaas aanvalle reel via sy paramilitere ondergronse organisies.

ne ·

Ek glo hulle word betaal om aanvalle/moorde te pleeg. DAAROM doen die regering NIKS. Onthou net die wiel draai, julle toekomstige boere gaan ook deurloop.

Zaks ·

TV…selfoon… Neewat regering sit hier agter. Is elke tendens n tv selfoon verkrag en dan in n paar dae begin grond leeg staan. Easy prey!

Francois ·

Ne’
Jys reg….wanneer hulle eie “boere” en comrades die plase vat gaan hulle ook aangeval word deur hulle eie comrades. Die wiel draai ne’

Koos de Meyer. ·

Ek sê weer. Ons het honde, maar as hulle in my huis kom sal hulle nie weer lewend daar uitgaan nie. Ons kom op ‘n punt en dis genoeg.

Lynette ·

Koos de Meyer. Jy lewe in n droomwêreld….hierdie man wat aangeval is, het OOK soos jy gedink….hy’t nie eens tyd gehad om sy haelgeweer op die aanvallers te rig nie. Is jy superman? Gaan jy nooit weer slaap nie en regopin dir bed sit met jou haelgeweer gerig op die deur? En selfs DAN kry hulle jou op pad na jou KERK toe, of op pad terug….jou brawade is onrealisties. Stefan Smit was dir mees parate boer van ons almal…geëlektrifiseerde draad, doringdraad, wagte wst gepatroleer het, wapens, kameras, honde, asook dreigemente vooraf…..daar is hy vermoor. AL sy voorsorg het hom net mooi niks gehelp nie. Eķ is nou moeg en siek en sat vir mense wat in la-la land lewe en sê boere “moet meer paraat wees”….sê my…wat MEER moet ons doen as Stefan Smit?????

???? leser ·

@ koos de meyer
daarmee kan ek saam met jou stem, jy klim oor my draad, ek het nie die hek vir jou oopgemaak nie, so, jy loop nie net daar uit nie

Jeremia ·

En die oorverdowende stilte van die staat en staatshoof skreeu ten hemele!

Stop ·

God het ons verlaat. Vlug. As die Here die stad nie bewaak nie tevergeefs waak die wagter. Hy het geen behae meer in ons en gaan ons nie red nie.

Jessica ·

Ek dink die antwoord is selfbeskikking vir die wat nie emigreer nie en God se mense moet bymekaar bly, nie tussen goddelose mense wat n ander God dien as die God wat hemel en aarde gemaak het nie. Hierdie ding wat met die mense gebeur het is beslis nie God se wil. Mag hul vertroosting vind. Ek hou jul in my gebede.

Jessica Louw ·

Ek dink die antwoord is selfbeskikking. God se mense moet bymekaar bly en nie tussen goddelose mense wat hom nie aanbid. Hierdie vreeslike ding wat gebeur het is beslis nie God se wil. Mag hul vertroosting vind en hoe swaar dit ook mag wees weet dat hulle hul dag voor God gaan kry. Ek hou jul in my gebede.

Gaitsigubib ·

God het al die dinge op job se pad gebring en tog het job nie gewankel in sy geloof nie. God sal ons nie verlaat nie. Sy belofte aan ons is dat “Hy ons gebede sal verhoor as ons Sy Naam aanroep”. Hierdie moorde wat nou gepleeg word het ons oor ons self gebring. Ons moet nou weer terug keer na die God wat ons geken het en werklik begin glo dat ” by Hom is alles moontlik” eers dan sal ons weer n tyd van wonderwerke beleef.

Ag ASSEBLIEF! ·

Gaitsegibib. Wat jy sê is n klap in die gesig van die derduisende naasbestaandes van vermoorde boere (en ander). Jy insinueer dat ons en die vermoordes se geloof nie sterk genoeg is of was nie. Wat ‘n klomp snert praat jy nie!

Gaitsigubib ·

Ag asseblief jy verstaan nie my skrywe nie. God toets juis mense wat sterk staan in die geloof (soos Job). Dis dalk waarom Hy nie sulke dinge oor my eie pad bring nie, want hy weet ek het maar voete van klei. Ek probeer maar sin maak uit hierdie wrede aanvalle en die manier waarop ek dit doen is om by God genade en atwoorde te gaan soek. My gebede word verhoor maar ek is nie onder die indruk dat ek dit altyd verdien nie.

Vanessa Els ·

Dis verskriklik en onmenslik. En net so onmenslik dat daar blind gestaar word na die moorde en aanrandings.

Toy ·

Wag die wiel gaan nog draai. Dit voel of mens kan skree van woede. Dit is hoe SA se kinders gaan onthou hoe wreed en onmenslik mense kan wees en is.

Ander Koos ·

anc werk met ‘n plan. hulle het nie verniet in 1984 by Vietnam gaan kers opsteek hoe om hulle doelwitte te bereik. met wysheid van retrospeksie werk dit wat hulle daar geleer het vir hulle. weet ook hulle is nog nie klaar nie, hef aan kom nog

Jannie van Niekerk ·

‘n Hoewe is ook ‘n paas. (Welliswaar ‘n klein plasie, maar ‘n plaas.) Waarom gee die ANC gesinde polisie voor dat dit ‘n “huisroof” is en nie ‘n plaasaanval nie? Wat almal ookal beweer dat dit oor geld en wapens gaan , dis eenvoudig nie waar nie. Dit is die ANC/EFF/BLF koalisie wat hard daaraan werk omdat hulle wit mense haat en boere van hulle grond af wil verdryf. Dan het hulle mos ‘n verskoning, die grond word gegryp, Mnr Ramaphiosa, met die verskoning die grond word nie benut nie. In elk geval kom dit voor of mnr Ramaphosa plaasmoorde stilswyend goedkeur want ek weet van geen enkele geval waar hy kritik uitgespreek het teenoor sy ondersteuers, die plaasaanvallers en moordenaars nie.

humor ·

Wat van n Bullterrier of n Duitse Herdershond wat in jou huis slaap of dan n alarm wat jou betyds wakker maak. As n hond binne in jou huis begin blaf kan jy verseker wees daars fout buite of reeds binne.

Frikkie ·

Een verdagte is aangekeer vroeër vanaand..ander nog op vrye voet. Gemeenskap het heeldag saam gewerk..

Ekke ·

En so sal dit aangaan tot in ewigheid. Dankie vader my kinders emigreer.

Koos de Meyer. ·

Die honde waarsku jou. Al is dit watter tyd van die nag kyk ek hoekom My honde blaf, nie vir niks nie. Jy moet altyd paraat wees, ongelukkig is dit die tyd wat ons nou in lewe.

Pop ·

Saamstaan!!!dis nou n grap. Ons het van KZN hier na die sogenaamde vriendelike gasvrye weskus verhuis. Nie een enkele buurvrou of man het ons tot dusver kom welkom heet nie. Ek groet nou die dag een, sjoe toe word ek darem aangegluur. So good luck met wittes wat saamstaan. Net in drome en sprokies

Pokkie ·

Wha ha ha ha ha. Net vriendelik as hulle jou geld kan pocket. Wha ha ha ha ha. Kan jy nou kwaad wees vir jou eie onnoselheid?

PJC ·

Die probleem is dat hierdie aanvallers gewoonlik baie goed ingelig is. Hulle weet presies wat jou bewegings is en waar in jou huis hulle die maklikste kan inbreek. As ń mens nie ń baie goeie alarmstelsel en diefwering het nie gaan jy nie agterkom dat hulle besig is om in te breek as jy slaap nie. Sekere tye van die nag slaap ń mens vaster as normaalweg en dan het jy ń behoorlike geraas nodig om jou wakker te maak.

Gaitsigubib ·

God het al die dinge op job se pad gebring en tog het job nie gewankel in sy geloof nie. God sal ons nie verlaat nie. Sy belofte aan ons is dat “Hy ons gebede sal verhoor as ons Sy Naam aanroep”. Hierdie moorde wat nou gepleeg word het ons oor ons self gebring. Ons moet nou weer terug keer na die God wat ons geken het en werklik begin glo dat ” by Hom is alles moontlik” eers dan sal ons weer n tyd van wonderwerke beleef.

Linky ·

Hierdie misdaad wat so handuit ruk is deel van die eindtyd soos genoem word in Mattheus, Lukas, Oppenbaring ens. Dis tyd dat mense hulle bybels bestudeer en die tekens raaklees. Nog tekens vd eindtyd is aardbewings, oorstromings ens.

Attie. ·

Baie van die plaasrooftogte is maar net roof op sagte teikens. n Plotrooftog is beslis anders as n plaasrooftog. Hulle weet by my in die dorp sal hulle nie maklik inkom nie want ek en al die bure het honde en alarms. Mense wat sagte teikens is moet dit weet en iets daaraan doen. Ek voel jammer vir mense wat uit hul slaap wakker word met skelms in hul kamer maar waar is hul honde en waar is hul alarms. By my gaan die alarm af voordat ‘n skelm in die huis is. ek het diefwering en ‘n hek in die gang en n rewolwer in my slaapkamer. Met geen voldoende voorsorgmaatreels nie, soek jy vir GROOOT moeilikheid.

Gert Centurion ·

HOE MOET BARMHARTIGHEID BEWYS? HOE MOET BARMHARTIGHEID EVALUEEER WORD? WAT IS NAASTELIEFDE? SO KAN DIE VRAE OPGESTAPEL WORD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.