Egpaar wat op plaas oorval is ‘sterk goed aan’

(Argieffoto: SAPD)

Timothy Rademeyer (51) en Dirkie Voges (61) wat verlede Woensdagoggend op hul plaas in die Welbekend-omgewing digby Bapsfontein in Gauteng aangerand is, sterk goed aan.

Rudi Voges, die egpaar se seun, vertel sy ma bly tans by vriende op hul plaas terwyl veiligheidsmaatreëls op die egpaar se plaas opgeskerp word. Voges is ná die aanval met ʼn ambulans na ’n hospitaal in Delmas in Mpumalanga geneem.

Rudi vertel Rademeyer sterk aan in die Verre Oosrand-hospitaal in Springs. “Hy het nog baie seer, maar hy sal dit maak. Hy sal seker vir ’n wyle in die hospitaal se intensiewesorgeenheid gehou word.”

Maroela Media het vroeër berig dié egpaar is Woensdagoggend op hul plaas gevind, nadat ’n onbekende getal verdagtes toegang tot die plaashuis gekry en hulle oorrompel het.

Rademeyer is glo met ’n serp gewurg en sy geslagsdele met ’n skerp voorwerp gesny. Hy het verskeie steek- en snywonde opgedoen. Voges se oortrommel het tydens die aanval gebars en sy het ook harsingskudding opgedoen.

Volgens Rudi vermoed hulle tot ses aanvallers was betrokke. Hulle is kort ná die aanval vort in ’n wit Ford Bantam-bakkie.

Kapt. Matthys Strydom, speurder-bevelvoerder van die Welbekend-polisie, sê ’n klag van gewapende roof is aanhangig gemaak en die polisie volg alle beskikbare leidrade op om die skuldiges vas te trek. Hulle het nog niemand in hegtenis geneem nie.

Strydom het bevestig selfone, elektriese ware en gereedskap is gesteel. Die spesifieke fabrikate en reeksnommers kon nog nie bevestig word nie.

Rudi voeg by sy ouers ly nog steeds aan skok, maar hy gaan seker maak sy ouers kry die nodige berading. “Ek gaan mooi na hulle kyk.”

Iemand enigiemand meer inligting het, skakel vir kapt. Strydom by 082 822 6297.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mienks ·

Wat gaan gedoen word aan al die plaas aanvalle? Daar word nie eers van al die plaas aan valle berig nie of van die plase wat beroof word nie en die polisie is net so treurig want hulle kan nie hulle werk doen of by die plase uit kom nie oor hulle nie voertuie het wat werk nie of hulle trek maar net skouers op en doen niks verder nie want dis maar net nog ‘n plaas wat aan geval word mense wat seer kry hoekom omgee?

Mike ·

Presies soos jy se ek is deel van gemeenskap groep wat veiligheid van ons dorp eerste stel en die SAPS reken hulle kan nie voertuie stuur wanner ons bel nie die betrokke partye moet self bel……al word hulle aangeval in hulle wooning???

MIA ·

Dit is maarnet nog ‘n aanval en die mense se menswaardigheid is afgeneem, maar weereens sal daar niks gebeur nie.

Leonie ·

Hoekom net gewapende roof?? Wat van die klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hoop hulle kry die gemors een of ander tyd maar soos ondersoeke gaan glo ek amper nie. Baie sterkte aan jou ouers en hoop hulle is gou beter na die erg trauma.

Pieter J ·

Die koerante swyg soos die graf oor hierdie en baie ander plaasaanvalle. Ek wonder of die lanbou unies nie alle plase kan besoek om seker te maak dat daar voldoende veiligheidsmaatreëls in plek is nie. Miskien kan daar ook ń fonds gestig word om diegene te help wat nie oor die nodige fondse beskik nie.

Hekwag ·

Kom ons hoop maar Corona vat mooi wanneer hy die slag vir Afrika tref. Dis al uitweg.

Werner ·

Woon self op n plaas ons moet leer om na onsself en bure te kyk mense verwag nog te veel van hierdie onbevoegde regering hulle het nog nooit die witman se belange op die hart gedra nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.