Eise dat Mpofu aan RDK onttrek word

Adv. Dali Mpofu (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Daar is ál meer eise dat adv. Dali Mpofu SC aan die Regterlike Dienskommissie (RDK) onttrek word vir sy optrede tydens die onlangse onderhoude vir die pos van hoofregter.

Die Pretoriase vereniging van advokate het ʼn skrywe aan Craig Watt-Pringle SC, voorsitter van die Algemene Balieraad (ABR), gerig waarin daar versoek word dat die ABR “doen wat ook al nodig is” om Mpofu te herroep as ʼn kommissaris wat in die RDK dien.

“Om te sê dat die proses wat gevolg is en die behandeling van sekere benoemdes, onder wie waarnemende hoofregter [Raymond] Zondo en regter-president [Dunstan] Mlambo, betreurenswaardig was, is om dit uiters lig te stel,” het Marc Leathern SC, voorsitter van die Pretoriase vereniging van advokate, gesê.

“Dit was skandelik en het beslis niks bygedra om die reputasie van die regbank of die beroep te verbeter nie.”

Leathern het gesê die optrede van ʼn aantal kommissarisse was onderhewig aan erge kritiek en sensuur, maar dat hulle veral ontsteld is oor die gedrag van Mpofu wie se optrede onaanvaarbaar was. “Dit het begin met ʼn poging tot ligsinnigheid in die onderhoud met [Manida] Maya, regter-president van die appèlhof, wat seksisties en minagtend was. Die ongemak en verleentheid wat veroorsaak is, was duidelik.”

Mpofu het in die onderhoud met Mlambo hom gekonfronteer met die bewering van ʼn gerug dat hy skuldig is aan die seksuele teistering van vroue as aspirant- waarnemende regters. “Hierdie gerug is geopper en ondervraging het voortgeduur sonder dat ʼn jota van bewyse of besonderhede aangebied is. Dit was skandalig en is uiteindelik van die rekord geskrap.”

Adv. Dali Mpofu. Foto: EFF/Twitter

Volgens Leathern het Mpofu se optrede die ABR en die beroep in die algemeen in oneer gebring. “Hy praat beslis nie namens die meerderheid van die beroepslede nie. Die politieke aktiwiteite en lojaliteite van Mpofu is welbekend. As ʼn kommissaris wat die ABR in die besonder en die professie in die algemeen verteenwoordig, is sy plig nie om sy politieke sienings te bevorder nie, maar eerder die belange van die professie en om dit op ʼn respekvolle, waardige, objektiewe en professionele wyse te doen. Hierin het Mpofu tekort geskiet.”

ʼn Groep van 20 advokate het intussen in die bresse vir Mpofu getree rakende ʼn meningstuk wat deur Adriaan Basson, redakteur van News24, geskryf is.

Die groep advokate meen Basson het in sy meningstuk ongevraagde beledigings teenoor Mpofu gemaak “wat na ons mening die alte algemene koloniale houding van witheid teenoor Afrikane in die algemeen verraai, en meer onlangs, teenoor professionele Afrikane in die besonder”.

“Ons neem kennis van die ondertone in sy aanval en vind dit ʼn verontwaardiging dat hy hom in sy begeerte om van Mpofu te verskil, beroep op ongevraagde beledigings en laster, met as wortels die koloniale rassistiese erfenis en motiewe om te plunder, uit te buit, te vermink, te beheer en te koloniseer. Hy sien natuurlik vir Mpofu, soos die koloniale voorvaders ʼn Afrika-mens beskou het, as ʼn immorele, verdorwe en irrasionele wese, wie se ras so minderwaardig is dat dit die meester se skerp tong en berisping verdien.”

Die verklaring in reaksie tot Basson se meningstuk is deur verskeie senior advokate onderteken, onder wie Muzi Sikhakhane, Dumisa Ntsebeza, Fana Nalane, Thabani Masuku, Elizabeth Baloyi-Mere en Mahlape Sello.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Misky ·

Goed so, want die vent dink hy is onaantasbaar en kan maak en sê nes hy wil. Moet bietjie afkom aarde toe!!

Samuel ·

Niks in hierdie land van ons sal ooit weer behoorlik funksioneer nie. Is daar nog werklikheid eerbaarheid in enige beroep? Die regsberoep het reeds soveel skade gelei.

Althes ·

Dali Mpofu het mos die beskuldigde Fase wie aangekla is vir brandstigting en terorrisme by Parlement verdedig. Nou is dqar ñ ander regsverteenwoordiger wie Fase verteenwoordig.
Het die aartappel nou vir hom te warm geword?
Goed so, hy kan maar gaan

Bernard ·

Hy verloor gewoonlik al sy sake. In sy geval is SC second class.

Kokerboom ·

Wanneer gaan sommige Swart mense ooit die rubicon kruis en ophou om kleur as verskoning vir rassisme op te werp. So gerieflik. Erken net verskille in opinie. Sommige intellektuele Swart mense is daarop uit om sogenaamde reenboognasie te verongeluk. Sommige Blankes ook. Stop die alewige nonsens en happery en werk net verdomp om land te red!

annie ·

… ‘n Pawpaw vir my Darling… reg in die voorste speke wat so zum-zum…

Jr ·

As hy n swak adv is en dit word in meningstukke uitgewys is hy maar plein en simpel SWAK. Dit is nie oor kleur wat soos gewoonlik gebruik word as sy defence. Hierdie ou ken net die “Ace of racism kaart en tot nou toe het dit glad nie gewerk vir hom nie. Swakste adv in die land, mees beroemste omdat hy al die kriminele verteenwoordig.

Bernard ·

Nou loop Adriaan Basson ook deur! En kyk wie teken – en wat hulle te sê het! Die hele trop ‘special needs’ avocados. Moenie skrik nie, MM-sensor! Hierdie Einsteins lees nie Afrikaans nie.

B-Man ·

Die klomp wat die reaksie op die meningstuk onderteken het soek seker bevordering in die EFF-kaders.

Hennie J ·

Hierdie misbaksel, terwyl hy skuil agter die onaantasbare Mal emma, is n opperste Wit Afrikaner hater wat nog baie hoenders op die werf gaan probeer vang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.