Ek het jou mos gesê, sê De Lille aan Maimane

Die minister van openbare werke, Patricia de Lille. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Patricia de Lille, leier van die Good-party en voormalige burgemeester van Kaapstad, het Woensdagaand gesê sy het DA-leier Mmusi Maimane gewaarsku dat hy “ingesluk sal word” as hy nie op sy beginsels staan nie.

Maimane het vroeër sy bedanking as leier van die Demokratiese Alliansie aangekondig. Athol Trollip, federale voorsitter, het kort daarna ook sy bedanking ingedien.

“Toe ek op 31 Oktober 2018 op my eie voorwaardes uit die DA bedank het, was dit ná bitter lesse dat die party se beleide maar net ʼn fasade is, en nie klop met die praktyk in die regering nie,” het De Lille gesê.

“Ek haat dit om te sê ‘ek het jou mos gesê’, maar nou gaan ek dit in elk geval sê. Ek voer nie aan om ʼn sangoma te wees nie, maar ek het Mmusi Maimane gewaarsku dat die party se skoothondjies hom gaan insluk en gaan uitspoeg as hy nie op sy beginsels staan nie. Hy het die blou trein sien kom, maar nie geweet hoe om uit die pad te kom nie.”

De Lille het bygevoeg Maimane en sy hanteerders het nie ʼn idee wat beginselvaste leierskap is nie.

“Die DA is op ʼn pad van verwoesting. Dit is beter dat ons hulle nie pla nie. Suid-Afrikaners wat oor almal besorg is, moet saam kom vir ʼn ‘common GOOD’.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johann M van Heerden ·

Patricia ek vertrou nie vir jou of Maimane met my toekoms as wit Afrikaner en die land nie. Dit is tyd dat ons as wit Afrikaners opstaan en saamstaan en te hel met die kruipery. Maimane se anti wit uitsprake het hom gekelder. Hy moet nie nou kla en die ras vloermoer gooi nie. Hy het sy eie gat gegrawe en demokrasie in die wye en droewe land nog 50 jaar teruggesit.

Pieter ·

Hoe gaan jy ons blankes kry om saam te staan johan ons kannie eers standpunt in neem nie wat nog van saam staan ons gaan ons eie ondergan beteken

Jimmy ·

Saamstaan vir wat? Party wil ‘n tuisland hê, ander wil in Pretoria en 29 ander ankerdorpe gaan plak, ander wil hê die Wes-Kasp moet afstig, ander emigreer, en dan is daar nog ANC meelopers.

Nico ·

Anti Pat jy en Mossie moes nie een ooit in due DA gewees het nie. As julle nie jul sin kry nie klim julle die ras kar. Kyk hoe is jy nou weer uitgevang met werk skep vir familie soos waarvan die DA jou in die Kaap beskuldig het. By hoeveel partye gaan jy nog aansluit of stig. Jy draai jou mantel na die wind.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ou Musi het hom nie vasgeloop teen sy eie party lede nie…..hy het hom vasgeloop in die Nuwe Suid Afrika se stemvee, wat net aan een party klou……..en sal bly klou vir die volgende 300 jaar….ala Zim.

Pottie ·

Stem saam met jou dit is hoekom ons blankes is waar ons is

Antjie ·

Ek het nooit gedink ek sal ooit weer vir antie Pat gelyk gee nie, maar sy is reg oor beginsellose leierskap. Kom ons bid dat al die DA leiers weer sal terugkeer na onpartydige morele beginsels, en sal ophou baklei vir stemme te koste van wat reg is. Elke mens verdien om te lewe, met vryheid, respek, gesondheid en die vermoë om realistiese toekomsdrome na te streef. Ongelukkig is daar deesdae nie meer by die DA ʼn tuiste waar mens welkom kon voel met sulke ideale nie. Miskien kan daar met drastiese veranderinge hierop verbeter word. Dan kan mense dalk meer betrokke raak om saam te bou aan God se Koningkryk.

Kolskoot ·

Antie Pat GOOD for nothing pasop vir die groen geel en swart luisslang

m ·

Ou Patty se comments laat my dink aan “takes one to know one”. Haar beginsels is ook maar papier dun. Skuif lekker rond om haarself te vereik, “not so good” !!

KOOSMAN ·

Musi en Antie Pat het hulself gewip. Hulle verlaat nou die Skip.

hendrik ·

Hy is die leier van die party so wie het hom” ingesluk”?

Peper ·

Wat is julle Waardes en Beginsels dan? Hoekom is julle Waardes en Beginsils dan in gedrang gewees? Ek verstaan net nie wat hierdie mense se probleme is nie… jys of reg, of jys verkeerd… As ‘n Christen kan ek hierdie berig lees en reeds duidelik sien dat Pat se woorde my waardes en beginsels aanstoot gee… sy praat van haat en sangomas… Sies…

jakes ·

Patricia het n lekker vet salaris en posisie by CR gekry daarom kan sy nou lekker op die kantlyn repliek lewer. Miskien sal oom Cyril dalk ook vir Moesie n joppie aanbied.

Toek ·

Tannie Pat hoort daar by CR en sy kabinet (die ouetehuis) aahahahahh

Erika ·

Auntie Pat jy is die laaste een wat jou opinnie moet lewer met jou politieke geskiedenis!

Adam ·

Dit is vir my bykans onmoontlik om te besluit wie van De Lille, Lille of Maimane vir my die minste aanvaarbaar is. De Lille se opmerking van “by jou beginsels” staan val vreemd op. Hoe op aarde kon haar beginsels staande bly in die DA wat liberaal demokraties is terwyl sy ‘n PAC agtergrond het. Hoe haar beginsels haar kon toelaat om ‘n minsterspos in ‘n uiters korrupte ANC kabinet te aanvaar is natuurlik ook ‘n ope vraag.

Stiks ·

Sy moet liewer stilbly. Sy het amper die Wes Kaap vernietig en weggekom daarmee. “ good ridence”

JohanR ·

Auntie Pat het ook altyd ‘n groot bek! Maak hom toe, want jy verveel miljoene Suid Afrikaners! Waaneer kom die bewyse te verskyn van al haar geraamtes in die kas, in die tyd dat sy burgermeester van Kaapstad was? In Engels se men “not that innocent”.

Dries B ·

Aunti Pat nou is jou kans vat nou vir My Money en dan kan julle mos vir mekaar seeeee
julle weet mos wat gaan in die binnekringe aan tot julle ook vir mekaar moeg raak,julle
Ploeg nou met ander man se osse ne eers n laaang draai geloop en nou , ons sal kyk wat
julle maak old boys and girls meet, huh.

Antie P ·

Ek is nou nie snaaks nie maar ek dink die vinger vir ‘n groot deel van die gemors waarin die DA hulle bevind het sy oorspring by Antie Patricia. Daar tannie het hard gewerk om onmin te saai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.