Ekskêrel skiet glo vrou, dogter

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

ʼn 34-jarige vrou van Bela-Bela in Limpopo en haar 11-jarige dogter is Saterdag vermoedelik deur haar ekskêrel doodgeskiet voordat hy homself met die dieselfde vuurwapen om die lewe gebring het.

Die 38-jarige man is Saterdag omstreeks 12:00 na die ma en dogter se huis in Leana Hof waar hy glo sonder om ʼn woord te rep skote afgevuur het.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die man sy vriend se vuurwapen gesteel het voordat hy na die huis is om die moorde te pleeg.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die man, sy voormalige vriendin en haar jong dogter was by die polisie se aankoms op die toeel reeds dood.

Die polisie op Bela-Bela ondersoek twee aanklagte van moord, die diefstal van ʼn vuurwapen en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die voorval betreur.

“Onskuldige lewens gaan steeds verlore aan die hand van mans wat blykbaar geneig is om dade van geslagsgebaseerde geweld te pleeg wanneer die verhouding in duie stort. Mense wat verhoudingsprobleme ervaar, word versoek om hulp te soek en hulle van geweld te weerhou,” sê Hadebe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Roedolf Johannes ·

Hoop hulle kla die vriend aan en hy word onbevoeg verklaar om n vuur wapen te besit.

Aggie ·

Ek hoop jy sê dit tong in die kies, anders moet jy weer die berig lees. Hy het homself ook daarna doodgeskiet.

Natasja ·

Aggie, hy praat oor die vriend wie se vuurwapen gebruik is in die moord.

Di ·

Lyk my MOORD is die nuwe sport in SA. Definitief ‘n probleem onder sekeres in hierdie land. Dit moet in hulle DNA wees om te moor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.