‘Elke kind sál skoolgaan’ – LUR

Matome Chiloane, LUR van onderwys in Gauteng. (Foto: Maroela Media)

ʼn Sogenaamde infrastruktuurkrisis en tekort aan hulpbronne is tans van die uitdagings wat die Gautengse departement van onderwys die hoof moet bied, terwyl hy spook om meer as 1 000 leerders te plaas voordat die skole môre begin.

Die departement kon wel daarin geslaag het om met die aanvang van die nuwe skooljaar 99,5% van alle aansoeke, wat betyds vir gr. 1 en gr. 8-leerders in die provinsie ingedien is, af te handel.

Uit die meer as 290 000 aansoeke wat ontvang is, is 290 751 leerders geplaas, terwyl 1 394 nog op ʼn plek in ʼn skool wag. Die departement het egter onderneem dat elke ongeplaasde leerder wel voor die einde van Januarie sal skoolgaan.

Matome Chiloane, LUR van onderwys in Gauteng, het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie by Hoërskool Jeugland in Kemptonpark die huidige plasingsgetalle deurgegee, asook die departement se gereedheid vir die komende skooljaar uitgestippel.

Volgens Chiloane is 139 464 voltooide aansoeke vir gr. 1-leerders ontvang, maar 236 leerders is nie geplaas nie. Altesame 152 681 gr. 8-aansoeke is ontvang, waarvan 1 394 leerders nog nie geplaas is nie.

“Die feit van die saak is dat baie skole hul kapasiteit bereik het en oorvol is. Die leerders wat nie geplaas is nie, is almal in gebiede wat onder hoë druk verkeer weens die instroming van leerders,” het hy gesê.

Die gebiede wat veral spook om aan die vraag na gr. 1 en gr. 8 -klasse te voldoen is Olifantsfontein, Kemptonpark, Roodepoort en Akasia.

In Ekurhuleni-Noord wag 236 gr. 1-leerders om in Olifantsfontein geplaas te word en 501 gr. 8-leerders in Kemptonpark het nog nie plek nie. Die departement het egter reeds werk daarvan gemaak om drie mobiele klaskamers by ʼn kerk in Olifantsfontein op te rig om die gr. 1’s te akkommodeer.

“Skole in Kemptonpark sal ook aan die departement rapporteer hoeveel beskikbare plek hulle het wanneer die skool môre [Woensdag] begin. Indien daar nie genoegsame spasie is nie, sal dit aandag kry,” het Chiloane gesê.

Altesame 223 gr. 8-leerders in Akasia en Theresa Park in Pretoria-Noord wag ook steeds op plasings vir die nuwe skooljaar. Volgens die departement word tydelike klaskamers reeds vir hierdie leerders opgerig.

Altesame 434 gr. 8-leerders van Roodepoort is ook nog nie geplaas nie, maar die departement is glo in gesprek met Robinhood College in Maraisburg om van sy fasiliteite gebruik te maak.

“Dit is ʼn prioriteit om hierdie leerders te plaas en ek kan ouers waarborg dat elke kind vanjaar skool sal gaan.”

Intussen is 4 801 appèlle deur ouers aangeteken, onder meer omdat hulle ontevrede is met die skool waar hul kind geplaas is. Altesaam 292 van die appèlle is reeds gehandhaaf, nadat dit aan die lig gekom het dat foutiewe skoolplasings weens administratiewe foute gemaak is. Leerders is in hierdie gevalle by die skool van hul keuse geplaas.

“Ons werk daaraan om so gou as moontlik aan al die appèlle individueel aandag te gee,” het Chiloane gesê.

Intussen is daar meer as 8 000 gr. 1- en gr. 8 -leerders wie se aansoeke laat ingedien is, maar volgens Chiloane is al dié leerders – 5 739 gr. 1’s en 2 636 gr. 8’s – outomaties by skole geplaas.

Die departement het benadruk dat hierdie leerders, wat weens onvolledige aansoekvorms of ander vertragings eers ná 20 Desember aansoek gedoen het, nie die geleentheid het om ander skole te kies as die een waar hulle geplaas is nie.

Edward Mogorosi, hoof van die departement, het bygevoeg dat hoewel die provinsie se openbare skole Woensdag amptelik open, die departement onverpoos werk om te verseker dat alle leerders voor die einde van die maand soos normaal kan skoolgaan.

“Ons sal verseker dat leerders wat eers later by skole aansluit, die geleentheid gebied word om op te vang.”

Te veel te vinnig

Matome Chiloane. (Foto: Maroela Media)

Die departement het toegegee dat Gauteng se onderwyskapasiteit onder enorme druk is, aangesien leerdergetalle teen ʼn onmoontlike tempo groei. Verlede jaar het 103 000 meer leerders in Gautengse skole skoolgegaan as in 2021.

Hiermee saam staar die departement ʼn reuse-infrastruktuurkrisis in die gesig, met dié dat daar bloot te min skole is om die leerders te akkommodeer of dat reeds bestaande skole onder vandalisme deurloop.

Volgens Chiloane het 24 uit die 120 skole wat sedert Januarie verlede jaar beskadig of beroof is, tydens die afgelope Desembervakansie deurgeloop.

Intussen ontvang byna 500 skole nou daaglikse infrastruktuuronderhoud en 108 skole kry 408 mobiele klaskamers. Fondse is teen einde verlede jaar aan 297 skole toegestaan om byna 900 klaskamers op te rig.

Hiermee saam sal drie nuwe hoërskole en een nuwe laerskool vanjaar in die provinsie open. Mapenane Secondary School in Garankuwa sal Woensdag oopgestel word, terwyl die ander drie skole in Braamfisher, Soshanguve en Mamelodi-Oos meer as halfpad klaar gebou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jean ·

En een onderwyser moet 40 kinders saam probeer stil maak en kla gee….

piper ·

ja ons ou landjie word net meer en meer arm. solank die bevolking aanwas hoer is as die ekonomiese groei gaan die verarming net aanhou en selfs erger raak. maar geen politikus spreek dit aan nie en kindertoelae bly betaal.

skurweberg ·

Dit is die kernprobleem en waarheid oor SA. waaroor daar nie ‘n woord gerep mag word nie.

Piet ·

Ooo. sál skoolgaan… wil ek sien. Almal kan dalk geplaas word ,maar van skoolgaan weet ek nie.
Ek hoor te veel die regering “werk” onverpoos. Dis ‘n nuwe een. Of is dit?

domheks ·

Word betaal om kinders te kry! Maar skole word nie sommer gebou nie.

Koos 100 ·

Nie danksy jou nie, jou voorganger of die ANC nie! Gister moet die SAPS by Wonderboom Juction jou dept. se werkers gaan oppas, in plaas van die gemeenskap waarin hulle moet werk, oppas en bekerm, en die ANC dink dis normaal?
Hoe gouer julle tot ‘n val kom hoe beter!

Yolandie ·

Ek stem saam koos, maar ek dink die betaling van die grants vir kinders is eintlik ‘n strategie van die ANC……..want hulle bou nie skole nie…….almal kry grants en het geen begeerte om te werk nie – so die ANC is verseker van sy stemme solank hy die grants van jou en my belasting geld betaal. Wonderlik hoe dinge hier werk neh.

Veritas ·

Die storie kom nou al ‘n paar jaar aan, die tekens was daar, maar was ge-ignoreer. Moet ook nie vergeet van ons direkte bure noord van die Limpopo wat hier woon, en se kinders ook moet plek kry. Baie mense vergeet van hulle. Ek wonder hoe die situasie sou gelyk het as die mense en hulle kinders kan terug gaan ? Sal nooit gebeur nie maar nog steeds. Dan moet mens ook nog die Malawiers, Nigeriers ens se kinders akkomodeer. Dis ‘n gemors.

Koos 100 ·

ESKOM, PRASA, SAUK lui dalk klokkies? Moet ons nog opnoem?

Misky ·

Hoeveel skole word jaarliks gebou en hoeveel word afgebrand? Maak daai som Mnr. LUR.

Mariana ·

Lesufi moes meer skole bou maar toe meng hy in by skole oor blankes en Afrikaans. Kyk wie ly nou daaronder. Net nog bewys dat die ANC goed is vir niks. Nou gaan ouers en kinders weer moet wag op als.

Yolandie ·

Dis seker maar wat gebeur as jy grants vir kinders kry uitdeel en nie skole bou om by te hou by die groei van die bevolking nie. So dit gaan ongelukkig nie beter raak nie net erger. Sterkte aan die Gautengers wat n nagmerrie moet dit nie vir die ouers wees nie.

Lillian ·

né, wat van die skool geboue wat leeg staan en verwoes word deur vandale? Dalk sou julle dank genoeg plek gehad het vir elke leerling.

Watsenaam ·

Waar is die skole wat leegstaan Lilian? seker nie in eertydse blanke gebiede nie?

Vonkprop ·

Lekker stukkend nè. Die skole wat wel werk word propvol geprop en die skole wat nie werk nie word afgebrand. Afrika se denkwyse is verstommend.

Pietertjie ·

Al is dit onder ‘n boom, sonder enige hulpmiddels of geriewe.

Watsenaam ·

Ag my liewe ou. Jy is soo van koers af en nes jou voorgangers het jy nie n idee wat aangaan nie. Gaan kyk maar hoeveel swart kinders drentel in die strate rond gedurende skool tyd. Dis seker omdat die vrouens moet werk en die meneere bedags in die sjebbeeen’s sit en nie gepla is nie. Intussen het julle al wat n ordentlike skool was ge-annekseer en tot in die grond toe afgebreek en wan bestuur. Julle moet minstens 100 skole en universiteite n jaar bou om by die swart bevolkings aanwas by te bly. En moenie die hospitale en tronke vergeet nie.

annie ·

Elke jaar meer as 100,000… En elke vakansie staan rye motors kilometers ver om oor die grense na die tuislande te reis. Die Bybel praat van die einde der dae wanneer almal na hul geboortelande sal terug vlug. Daardie dag sal SA se grense iets wees om te sien. Die minister sal dan gelukkig nie meer nodig hê om daaroor te bekommer nie. Selfs die engel wat die uitlanders aanjaag sal seker verbaas wees oor SA se skielike bevolkingsvermindering… en die baie burgers wat toe nie was nie.

Papsak ·

JULLE SE MY N IE WAT EK MET M Y KIND MOET DOEN NIE LUISTER BAIE MOOI VIR MY

Boatsie ·

En raai wie se nalatenskap is dit.
Maak droog en jy word bevorder.
Siek

AmY ·

Hoeveel van die kinders gaan ooit skool voltooi?
En ek praat van almal!

Roek ·

Blah blah blah elke jaar , hulle se bou skole , hoe lank hou die skool, alles word geplunder en niks gebeur nie, sterkte vir die ouers wat nog kinders op skool het, ek sien nie net moeilikheid vir almal in die toekoms nie , maar vra ek die vraag , Is daar lig aan die einde van die onheilspellende tonnel of is dit inderdaad ‘n trein ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.