En ons is terug op fase 5

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

Enkele ure nadat beurtkrag effens skiet gegee het en van fase 5 na fase 4 verlaag is, is Suid-Afrika weer op fase 5.

Eskom het ʼn kort ruk gelede aangekondig dat fase 5 weer Dinsdag om 10:00 ingestel sal moet word nadat vier opwekkingseenhede oornag die gees gegee het.

Fase 5 geld in dié stadium tot 16:00. Eskom sal na verwagting later vandag meer inligting gee oor die skedule vorentoe.

Fase 5 het ook oornag tot vroeg vanoggend gegeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Gerhard ·

Eskom Eskom Eskom…….ons glo in elkgeval niks meer wat julle vir ons se nie. Julle kan net eenvoudig erken dat julle NIE die werk kan doen nie. Die cANCer gaan aan en aan en aan….. Die kragteriewe gaan net op en op, die brandstof gaan op, die regering het nie meer geld nie, julle wil BTW verhoog ten einde die R350 toelaag steeds te betaal, wat volgens my absoluut absurd is. Ons moet net betaal en betaal en dienslewering (ESKOM) is basies nul. Julle is besig met speletjies wat julle duur te staan gaan kom en dankie tog, dit gaan julle julle plek in die parlement kos en ek kan nie meer wag nie. ONS sal ons land weer optel en mooi maak. Voetsek Eskom, ANC en die hele gespuis.

Jaco ·

???????????????????? En fase 6 word vanaf 16:00 voorspel, volgens ESP. Die agbare minister van krag faal met ‘n onderskeiding. Hy moet asb nie meer sy mond oopmaak nie. Dit is skrikwekkend. Hy is een groot grap.

domheks ·

Die fases word ook oor gelieg. Die 30% slaan deur, kan nie lees nie.

Tokkel ·

Die wat steenkool aanry en aflaai moet bietjie ondersoek word. Die hele spul werk mos saam. Dink die publiek is dom. Valke moet bietjie ondersoek instel. “fat cats” moet uit!

Vernon ·

Geen eenhede word vanlyn af gebring vir instandhouding nie. Die goed breek. Eskom het nie meer ander verskonings nie,want ons glo dit nie meer nie.

Kwikkie12 ·

Briljante mense soos De Ridder en Eben Mulder werk nou in Amerika, dis om van te huil!

Riana ·

Jammer om te se ………….. maar beurtkrag is hier om te bly met geen einde in sig nie, nes die aanhoudende lieg stories wat aan die publiek versprei word. Onbevoegde wesens wat aan die situasie werk, is net so korrup.

Riana ·

A – ANOTHER
N – NIGHT WITH
C -CANDLES

Waarvan die heersende party nie ‘n clue het wat dit is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.