‘Energiedrankie-pa’ sterf in hospitaal

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die Gautengse pa wat daarvan verdink is dat hy sy seuns se energiedrankies vergiftig het, het in ’n hospitaal onder polisiebewaking gesterf.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media bevestig Veli Samuel Ngcongwane (39), is Vrydag oorlede.

Hy het tereg gestaan op aanklag van moord en poging tot moord.

Maroela Media het vroeër berig Lehlogonolo Khoabane (16), Katleho Khoabane (13) en Tebogo Ngcongwane (6) van Ratanda in Heidelberg, suid van Gauteng, is op 26 Mei dood toe hulle energiedrankies gedrink het wat hul pa vir hulle vir skool voorberei het. Daar was glo gif in die koeldranke.

Die drie broers is dood toe hulle van maagpyn by die skool begin kla het net voor hul klasse sou hervat. Twee van die seuns is by die skool oorlede en die derde het op pad na ʼn nabygeleë hospitaal gesterf.

ʼn Vierde broer, wat ook ʼn energiedrankie gedrink het, is na bewering steeds in die hospitaal. ʼn Vyfde kind het nie die energiedrankie gedrink nie.

Die seuns was leerders aan onderskeidelik die Ratanda Primary en Khanya Lesedi Secondary School, suid van Heidelberg.

Die pa het na bewering sy eie lewe probeer neem net ná die seuns skool toe is. Hy het medikasie gedrink en homself met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy is in hegtenis geneem ná sy seuns gesterf het. Hy is bewusteloos aangetref en na ʼn hospitaal geneem waar hy onder polisiebewaking was.

Die polisie se forensiese spesialiste wag nog op ʼn uitslag van die nadoodse ondersoek om die presiese oorsaak van die seuns se afsterwe te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frank ·

Uhmm, was hy eers in hegtenis geneem en toe bewusteloos aangetref, of is hy bewusteloos aangetref en in bewustelose toestand in hegtenis geneem?

Delia ·

Sjoe. Net n mamma en 2 kinders wat oorbly.
Wat n verskriklike tragedie.

Swerwer ·

Wat dryf ‘n ouer so vêr om jou kinders se lewens te neem …………………………..

Korrelkop ·

In hierdie vrot land van ons sou ek vandag nie eers een kind wou hê nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.