Energiekenner Ted Blom sterf

Ted Blom. (Foto: Facebook / Ted Blom)

Die onafhanklike energiekenner Ted Blom is Vrydag in die ouderdom van 64 oorlede.

Sy familie het sy afsterwe Woensdag op Blom se amptelike Facebook-blad bevestig.

Blom voer al jare lank ʼn moedige stryd teen kanker en sy seun, Edward, het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat sy pa weens ʼn komplikasie met dié siekte gesterf het. Hy is by die Linksfield-kliniek in Johannesburg dood.

Blom was welbekend vir sy kommentaar oor energiekwessies, ook die voortslepende kragkrisis in die land.

Sy familie beskryf hom as ʼn man van “eer en integriteit met ʼn sterk waardestelsel wat sy lewe aan sy liefdevolle familie en die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika toegewy het”.

“Hy was ’n wonderlike pa wat gevul was met liefde vir sy vrou en kinders – hy het altyd voorsien en beskerm. Hy het nog altyd, ondanks uitdagings, volhard en vir ʼn aantal jare teen kanker geveg.

“Ons bring graag hulde aan ʼn gerespekteerde man wat talle prestasies en sukses behaal het en ʼn passie vir die mense om hom gehad het.”

Edward sê sy pa was ook ʼn beginselvaste, Godvresende man.

ʼn Roudiens sal op 13 Mei vir Blom by die Rosebank Union Church in Johannesburg gehou word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nettie ·

Dit is ‘n skok. My innige meegevoel met die familie. Hy gaan gemis word. Hy was ‘n merkwaardige mens. Ai, en dit net dae na sy verjaarsdag. Mag God sy geliefdes vertroos en mag hy in vrede rus.

Papsak ·

Sjoe dit nou n groot skok altyd op hom staat gemaak land verloor goeie man wat kragkrisis aanbetref so jammer sterkte aan sy familie vrou en kids ons dink aan julle

Di ·

Innige meegevoel aan sy familie en vriende. Hy het beslis sy merk in die lewe gemaak en gaan gemis word

Manie ·

Liewe vriend en kollega mag jy veilig nou toegevou en beskerm wees deur God se hande van die Mozweli span aan jou en jou familie

Wit Leeu ·

Wat ‘n groot skok ! My innige simpatie aan die familie. Mag onse Vader julle bystaan in die moeilike tyd !

Samuel ·

My innige meegevoel met die Blom gesin en ander familie. Mag hy in vrede rus.

Fluisterwind ·

Innige meegevoel aan al die naasbestaandes. Die man wat nie geskroom het om die waarheid te praat wanneer dit kom by ons huidige krag krisis nie. Die man wat al vir jare lank vooruit gekyk en gewaarsku het. Dankie oom TED, rus sag.

Althes ·

My innige simpatie met sy familie. Hy was ñ prominente man wat ons leke op straat bewus gemaak van uitdagings van krag

Skappie ·

Innige meegevoel aan sy familie en vriende kring. Mag onse Liewe Heer julle almal styf in Sy arms vashou, en julle deur hierdie moeilike tyd dra.

Petrus ·

Werklik jammer om te hoor. Hy was een van díe kundiges in ons land op wie se woord ons kon staat maak.
Sterkte en seën vir sy geliefdes.

My siening ·

Dankie Tedd vir jou goeie inligting gegee maar ANC het dit uit gespoeg, RIP en dink aan jou familie, dis ‘n enorme kennis wat ons verlaat het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.