Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, se aansoek om sy skorsing te daag, is Vrydag in die arbeidshof in Johannesburg van die rol geskrap.
“Die aansoek word van die rol geskrap,” het regter Benita Whitcher gesê.
Matona is op 11 Maart geskors nadat hy geweier het om as uitvoerende hoof terug te tree sodat die raad ʼn ondersoek van stapel kan stuur oor die krisis by Eskom.
Whitcher het toegegee dat Eskom se raad Matona nie genoeg tyd gegun het om homself te verdedig voordat hy geskors is nie, sy is egter van mening dat die raad ernstige besware het oor probleme by die organisasie. Volgens haar is die probleme reeds aan die publiek bekend en dit sal nie die beweerde skade aan Matona se naam herstel indien sy skorsing nou teruggetrek word nie.
Matona het ook die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie genader oor sy “onbillike skorsing”. Whitcher het bevestig dat die saak eers hier hanteer moet word.
Ek verstaan nie beriggewing deesdae nie. Alles is glo dit en glo dat. Ek het groot geword jy gebruik die woord glo as jy ‘n storie oorvertel wat verdink word van onwaarheid. Die woord graag se gebruik is vir my net so snaaks, veral oor die radio. Kom besoek ons graag. Ek het geleer kom besoek ons gerus. Dit is inderdaad baie jare gelede. Mens moet seker maar aanpas.