Eskom: Instandhoudingspanne werk onverpoosd

André de Ruyter, hoof van Eskom. (Foto: ANA)

Eskom sê instandhoudingspanne werk onverpoosd om soveel as moontlik eenhede weer so vinnig as moontlik aan te skakel. Dit volg ná fase 6-beurtkrag Sondagoggend ingestel is.

Andre de Ruyter uitvoerende hoof van Eskom, het tydens ʼn perskonferensie gesê altesaam 7 062 MW is tans op beplande instandhouding met 15 630 MW onbeplande verliese in kragopwekkingkapasiteit.

De Ruyter sê die stelsel is die afgelope week lank reeds onder druk en reserwes (diesel en damme) moet dringend aangevul word om ʼn veiligheidsbuffer te verseker, soos vereis deur die netwerkkode.

“Die instandhoudingspanne werk onverpoosd om eenhede so vinnig as moontlik weer aan te skakel. Ons sal na verwagting teen vanaand se spitstyd reeds 1 590 MW kan aanskakel en ʼn verdere 3 500 MW teen Maandagaand, as alles vlot verloop.”

Hy waarsku egter dat daar soms kortsluitings plaasvind wanneer die eenhede weer aangeskakel word, as gevolg van veroudering.

Weens die lae vlakke van reserwes kan die oop-siklus gasturbines by Ankerlig en Gourikwa nie aangeskakel word nie. Ankerlig se vlakke staan op 32% en Gourikwa se vlakke is effe beter, op 85%. “Ons sal vyf oop-siklus gasturbines aanskakel vir Sondagaand se spitstyd.”

Dieselvoorraad

De Ruyter sê likiditeit is ook ʼn kwessie om diesel aan te koop. “Ons het die afgelope vyf maande sowat R7,7 miljard aan diesel spandeer. Dit is byna die begroting vir die hele jaar. Ons hoof- finansiële beampte, Caleb Kassim, het reeds ʼn verdere R500 miljoen bewillig om nog diesel aan te koop.”

Hy sê diesel is tans baie duur weens wêreldwye omstandighede.

Fase 6-beurtkrag

Kriel eenheid 2 het vanoggend om 03:39 ʼn kortsluiting beleef. Ons het om 04:19 die besluit gemaak om fase 6-beurtkrag in te stel.

Tegniese probleme by Kusile 3 is opgelos, maar dit kan ʼn geruime tyd duur voordat dié eenheid ten volle aangeskakel is. Dié eenheid verskaf sowat 800 MW en sal ook verligting bring.

Arnot 2 is aangeskakel, maar moes weer afgeskakel word weens ʼn lekkasie.

Meganiese probleme word ook steeds by Koeberg ondersoek. “Ons wil graag die publiek gerus stel dat ons uiters versigtig is en met kenners in kernkragopwekking in gesprek is om seker te maak dat ons aan alle kernkragveiligheidsprotokol voldoen. Ons sal nie Koeberg aanskakel indien daar hoegenaamd ʼn risiko is nie.”

Sabotasie?

De Ruyter sê daar is geen teken van enige onwettige aktiwiteit wat die toename in kortsluitings veroorsaak het nie.

Onafhanklike kragprodusente

“Ons sal Maandag die mark nader om enige moontlike kragopwekkingskapasiteit te bekom en verwag dat ons ongeveer 1 000 MW tot die netwerk sal kan byvoeg. Dit sal waarskynlik egter nie onmiddellik beskikbaar wees nie, omdat verskaffers hul eie steenkoolvoorraad sal moet aanvul en bykomende gasvoorraad sal moet bekom.”

De Ruyter sê die kragvoorsiener werk goed saam met die presidensiële taakspan en agt werkstrome is reeds gevestig. “Ons kry baie goeie ondersteuning, maar dit sal ongelukkig ʼn wyle duur voor die aanbevelings ingestel kan word.”

Spaarsamige verbruik

Hy doen intussen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om elektrisiteit so spaarsamig as moontlik te verbruik. “Ons was reeds met munisipaliteite in gesprek om enige nie-noodsaaklike ladings af te skakel.”

Munisipaliteite is ook versoek om foutiewe skakels of tydskakelaars te ondersoek wat veroorsaak dat straatligte deur die dag brand.

“Ons doen ook ʼn beroep op die sakewêreld om spitstye beter te bestuur, deur byvoorbeeld verwarmers of lugverkoelers eers later teen ongeveer 09:00 aan te skakel, en vroeër, teen 17:00 af te skakel.”

Hy sê beligting wat in leë geboue afgeskakel word, sal Eskom ook “ruimte gee om asem te haal”.

Huishoudings word versoek om elektrisiteit spaarsamig te verbruik, veral in die spitstye tussen 06:30 en 09:00 in die oggend en 16:30 en 20:00 in die aand. “Moet asseblief nie in die spitstye swembadpompe aanskakel nie; skakel onnodige beligting af en indien jou geyser ʼn tydskakelaar het, maak seker dat dit nie in hierdie tye aangeskakel is nie. Indien jy jou geyser kan afskakel, sal dit ons ook help. As 60 miljoen Suid-Afrikaners hul rol speel, dan kan dit ons help om hierdeur te kom.”

Hy het gesê soortgelyke aksies word ook in die Europese Unie toegepas, waar die Eiffeltoring se beligting afgeskakel word.

Die owerhede in Frankryk het vroeër gesê die Louvre- en Versailles-museums sal ook vroeër in die aand hul ligte afskakel as ʼn simboliese maatreël om die publiek te herinner aan die energiekrisis wat deur die oorlog in Oekraïne veroorsaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

SjN ·

Dit gaan net slegter gaan by Eskom, Ramaphosa en sy hele Kader familie slyp hul tande om hul hande op kragvoorsiening te kry.

Snowball ·

Dalk wink daar ‘n stroopsoet ooreenkoms met die rooi Oosterlinge…. ietsie wat weer ‘n paar kaderpalmpies en gatsakke gaan volstop. African problem solving 2.0
Ramaphosa haas hom terug, want ons het fase 6, maar hy weet al v 2008 af ons stuur op ‘n totale ramp af. Gaan hy gou Maandag ‘n kragstasie kom bou?

PieterJ ·

En hoe vorder die uitwissing van diefstal en korrupsie by Eskom? O, teen goeie tempo agteruit?

JUST ·

Eskom was die beste krag voorsiener in die wêreld nou is dit die swakste,moet daar nog enige iets verder gesê word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die feit dat Ramaphosa sy toer kortknip is ‘n aanduiding dat ons die ergste moet verwag. Soos ‘n dood in die familie.

Yvonne ·

Dankie aan die ANC en sy regering wat top klas industriee vernietig het…dit skreeu ten hemele

Keelvol ·

Ek het geen vertroue meer in eskom nie. Dit kan/wil nie gered word nie. Net verskonings ek in die berig lees.

Johann ·

In your face Andre. Maklike uitweg om te sê daars nie sabotasie nie! Onmoontlik dat soveel eenhede terloops op dieselfde tyd breek sonder hulp? En by wie koopjulle zilhoene rande se diesel? Wie baat by dit? En is Toothless Gwede se krag skepe al mooi vasgemaak en ingeplug?

Koen ·

Het ‘nsterk vermoede die goed word afgesit in opdrag van die bestuur. Die motief kan ons maar net raai.

marius ·

As julle onverpoosd gewerk het om instandhouding te doen sou die ghaos vermy gewees het . Julle het gevou . Punt .

Antie Sarie ·

Ek het na sy onderhoud geluister. As hy die waarheid praatm is hy die swakste bestuurder wat eskom gehad het ooit. As hy lieg, is hy kom in een mus met die beplande ondergang. My geld is op laasgenoemde.

Kokkies ·

Die tye, 06:30 en 09:00 in die oggend en 16:30 en 20:00 in die aand, dis die tye wat mens klaar maak vir werk en in die aand maak mens kos. Na 2 – 4 ure se beurtkrag, skop jou yskas en vrieskas se motor in om weer op die regte temp te kom. Jou geyser ook, as die ripple relay nie deur die munisipaliteit afgesit is nie. Kinders skryf rekord eksamen, maar kan nie in die aande leer nie agv krag wat af is.

annie ·

Dat dié probleme so saam met Cyril se trippie na Biden gebeur, is baie verdag. En weer die aankondiging oor die hoë prys vir krag. Hoe sag moet ‘n lemoen gedruk word voor die sap uitgesuig word? Glo Mantashe et al regtig mense het baie geld in hul sitbankkussings wat net vir Eskom wag? Die korrelbedatoomkragstasie-bloudruk wag steeds vir ‘n dwaas om te probeer… glo sommer so vinnig en naby… Langs die kafee op die hoek? Sal SA die gek speel solank die $’s net inrol?

Pierre ·

Elke keer as die president in die buiteland is laat mens wonder

Andre ·

Waar is die outjie wat so graag name verander? “Electricity Supply” is ‘n term van die vorige bedeling, die huidige regime het dit blykbaar totaal verander.

Andre ·

Die krisis in Europa is ook kunsmatig geskep, stel sanksies in en vernietig hul eie lande. Maar dit word sekerlik so beplan, geen leier kan so redeneer nie.

Antie Sarie ·

Uiteindelik iemand wat sien dat dit n geskepte probleem is. Die vraag is hoekom. Dit begin te voel asof hulle van die mensdom wil battery hoenders maak

Boer ·

Wat het geword van Brain Molefe se R30 miljoen wat hy terugbetaal het. Ek dink die eskom bestuur het almal weer ‘n lekker bonus gekry.
Ek glo ook dat Eskom se ingenieurs ook hul kwalifikasie iewers gekoop het. Areme Koeberg-kragstasie het sedert die 1980’s hard gewerk en verstaan dat dit goeie diens nodig het, maar die nuwe stasies wat gebou is, kan nie byhou nie. As jy hoor iets is stukkend. Hulle koop waarskynlik onderdele van China (Made in China). Nou kom CR terug van sy vakansie oorsee om dinge uit te sorteer. Ek weet nie wat hy gaan doen as die hele Eskom nutteloos is nie, so dit bring net nog ‘n nuttelose mens in. Miskien bring hy vir hulle KFC.

Nie Verbaas ·

Instandhoudingspanne werk onverpoosd? Dit sou nooit so hoef te gewees het as Eskom na 1994 toegewyde en goed opgeleide ingenieurs en tegnici gehad het nie. Nou werk die moontlike onbevoegdes onverpoosd net sodat toerusting weer kan breek. N verloor verloor situasie.

ES ·

Hoe kan ons krag spaarsamig gebruik as ons net 9 uit die 24 uur van die dag krag het? Ons gebruik hoeka amper geen krag nie want dit is af!!

Elma ·

Dink hierdie idioot ons generators loop op suurstof of op dieselfde duur diesel. Glo my, ons weet al te goed hoeveel diesel kos.
En moenie bekommer nie De Ruyter, ons gebruik die krag baie spaarsamig, want daar is NIKS beskikbaar om te mors nie!
Die logika ontbreek, rerigwaar. Altyd maar die verbruiker se skuld en probleem in hierdie mense se koppe.

Antie Sarie ·

Ruiter in swart het huis vol panele en boorgat water. Sy bad word gesponsor deur valpre

Bite Me ·

Doen julself ‘n guns… Op die “Eskom se Push” app gaan voeg Soweto by as ‘n area en kyk hulle lekker beurtkrag in Fase 6!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.