Eskom-kabels van R2,5 miljoen teruggevind

(Foto: SAPD Wes-Kaap)

ʼn Gesamentlike operasie deur misdaadintelligensie, die honde-eenheid en blitspatrollie in die Wes-Kaap het Eskom-kabels met ʼn geraamde straatwaarde van R2,5 miljoen terugbesorg.

Ndakhe Gwala, woordvoerder van die polisie, sê ʼn kaping is op 29 Mei by Moorreesburg aangemeld ná ʼn vragmotor, wat oorhoofse kabels vervoer het, in Piketberg gekaap is. “Die polisie het ʼn gekombineerde privaat ondersoek van stapel gestuur. Ná ʼn intensiewe ondersoek en waarneming is die verdagtes in Kaapstad geïdentifiseer. Dit het beamptes tot ʼn stoorplek in Traffordstraat in Blackheath gelei.”

Beamptes het Maandag op die perseel toegeslaan en daar is beslag gelê op ses rolle aluminiumkabels. “Agt verdagtes, tussen 29 en 49 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van gesteelde goedere, oortreding van die Wet op Tweedehandse Goedere en Infrastruktuurwet.”

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

kaplyn ·

Ek stem saam. Ek hoop egter nie dat die saak, soos die Carl Niehaus saak, ook later teruggetrek word nie. Hulle moet verantwoording doen

SjN ·

Die verdagte Eskom entrepreneur het net sy persoonlike pensioen probeer aanvul, maar is ongelukkig uitgevang, eish.

Tokkel ·

Stuur hul Robbeneiland toe en gooi die sleutels weg…Hoort nie indie samelewing nie.

Niklaas ·

Iewers sit ‘n gefrustreerde , teleurgestelde skroot en afval metaal handelaar , met sy hande in die hare. Die petalje kon heel winsgewend geëindig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.