Eskom het sy kontrak vir beheer- en instrumentasiewerk met Alstom S&E Africa by sy Kusile-kragstasie in Mpumalanga gekanselleer.
Volgens Eskom het al twee maatskappye ingestem om die ooreenkoms te beëindig.
Die verwikkelinge het glo geen invloed op Alstom se kontrak by die Medupi-kragstasie nie.
Eskom het intussen bevestig dat ABB South Africa in Alstom se plek aangestel is om die kontrak af te handel. “ABB is na ʼn omvattende proses uit twee diensverskaffers gekies.”