Eskom leen geld te midde van verknorsing

Argieffoto: GCIS

Parlementêre dokumente het Vrydag aan die lig gekom wat daarop dui dat Eskom vroeg in April noodgedwonge geld by die nasionale tesourie geleen het om hom uit finansiële verknorsing te help. Die dokumente dui daarop dat die kragvoorsiener weer aan die einde van die maand finansiële hulp nodig sal hê.

Volgens ʼn brief van Tito Mboweni, minister van finansies, aan Baleka Mbete, speaker van die parlement, asook ’n verslag van die minister aan die parlement, is R5 miljard aan Eskom gegee nadat ʼn paaiement op ʼn lening van R2,5 miljoen Amerikaanse dollar (sowat R35 miljoen) van die Chinese Ontwikkelingsbank vertraag was.

Dié vertraging het beteken dat Eskom nie aan die einde van Maart sy finansiële verpligtinge kon nakom nie, het Mboweni geskryf.

Mboweni het verduidelik dat die eerste vorm van finansiële verligting vir Eskom, die R69 miljard oor drie jaar wat in Februarie se nasionale begroting aangekondig is, nog nie beskikbaar is nie omdat die parlement voor die Mei-verkiesing ontbind het voordat ʼn spesiale bewilligingsrekening deur die wetgewer verwerk kon word.

Dit beteken dat dié fondse waarskynlik eers tussen Augustus en Oktober vanjaar aan die maatskappy oorbetaal sal word.

Mboweni het gesê die probleem het ontstaan ​​toe Eskom nie R7 miljard van die Chinese Ontwikkelingsbank-lening gekry het nie weens “sentrale bankbeheerbehoeftes”. Eskom het die geld teen 25 Maart verwag.

Die minister het onthul dat die regering, om ʼn krisis te voorkom, die korporasie vir openbare deposito’s gevra het om R4,6 miljard beskikbaar te stel vir Eskom, maar dié versoek is van die hand gewys.

Die regering het hom toe tot Absa gewend vir R3 miljard se oorbruggingsfinansiering, teen ʼn staatswaarborg. Die R5 miljard wat beskikbaar gestel is van die nasionale inkomstefonds is gebruik om die noodlening terug te betaal.

Mboweni het bygevoeg dat Eskom teen einde April weer finansiële hulp sal nodig hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Johann cb ·

Mnr Mboweni moes sekerlik in Februarie geweet het die R23 miljard gaan nie beskikbaar wees nie! Eskom maak meer skuld en belas die belastingpligtige en verbruiker nog net méér…

HPV ·

Dit beteken eintlik sy astronomiese salarisse en prestasie bonusse.

Gert van Wierdapark ·

Snaaks genoeg, maar ABSA wil nie my oortrokke fasiliteit “borg” soos vir Eishkom nie. As die a en see regering egter pa staan vir die ou skuldjie, is dit natuurlik n ander saak. Wat is n paar BILJOEN Rand nou tussen vriende?!! Die soort regstelende aksie van die belasting-betaler hou net nie op nie!

John ·

Mboweni het tjoepstil gebly want die regering wou die graderingsinstansies flous, maar diè grappies van Eskom raak nou effens flou en Gordhan se apteek raak uit pleisters vir al die gate aan die ou stofie. Nou wag ons weer vir die vriendelike Sjina en die IMF waarsku juis verlede week dat lande nie so gaande moet raak oor oom Xi se beursie nie.

Megawatt ·

Diesel is duuuuur! Maar dit is al manier, die ander kragsentrales kan nie genoeg krag lewer nie. Na 8 Mei is dit weer beurtkrag! ESKOM IS BANKROT!!!!

Joe Olivier ·

Enige iemand wat nog ontken dat die sogenaamde nuwe SA ‘n mislukte staat is moet na my mening sy kop laat lees.

HPV ·

Verkoop die nou parasietiese instansie per internasionale tender of privatiseer dit so gou as moontlik. Dit is besig om die belastingbetaler leeg te suig. Eskom is vinnig op pad om die land se reeds sukkelende ekonomie totaal te vernietig.

Ella ·

Lyk my ons hele land is verpand aan banke, die Chinese, die Wêreldbank en die duiwel weet wie nog.
Gaan ons OOIT weer op ons eie bene kan staan?
Die beklemming om my hart word al erger

Spyker ·

Gaan soos by, leen by een familielid om ‘n ander familielid te betaal. Maar nou raak die familie al hoe kleiner.

Andreas ·

‘n Morsdooie perd. Maar dan sit daar jokkies wat die perd eens gery het op bestuusrade en die topbestuur van instansies soos MultiChoice.

JohanC ·

Vir hierdie lening gaan ons belastingbetalers maar weer net moet gee en gee en gee
Ek wonder hoeveel van hierdie geld gaan weer in die “comrades” se sakke beland

Charl ·

Ons moet so gou as moontlik vd grid afkom anders gaan ons vir hulle mislukking moet betaal.

Ben ·

As jy op die Sjinese staatmaak gaan jy ‘n baie groot verassing kry waarvan jy nie gaan hou nie. Jip, hoe gouer van die “Grid” gespeen hoe beter vir ons.

Rupert Ashford ·

Teen hierdie tempo gaan die nasionale tesourie binnekort maandeliks ‘n paar miljard aan Eskom verwante uitgawes (hetsy direk aan Eskom, of Eskom skuld) moet betaal. Lekker man, lekker…

pieter ·

tot na die verkiessing dan is alles donker, dink julle ons is onnosel

Tipies ·

Tipiese Afrika hool. Emigrasie is die mees redelike opsie vir nugter mense.

BlinkStephaans ·

Gaan lees maar bietjie op wat gebeur as n regering nie sy tjaina lenings kan terug betaal… daar is n hele paar voorbeelde… en dit wil lyk of ons oppad is daarheen. Daar is meer agter dié storie as wat titos vertel.

Adam ·

Van ‘n eens magtige Eskom is daar huidiglik slegs ‘n bodemlose skuld-put wat staande gebly het. Hoe die regering bloot kan voortgaan om die oneffektiewe organisasie regop te hou met die een lening nqa die ander, weet nugter. Die tyd het jare gelede al aangebreek om strukturele veranderinge aan te bring ten einde die oorsaak van die probleme te verwyder en in stede daarvan “dokter” ons na jare nog steeds die simptome. CR se 3 gedeelte verdelingsplan sal ook nie die probleem oplos nie. Die tyd om ‘n algehele ineenstorting van Eskom te keer het nou aangebreek!!!

Mario ·

Ek kan nog steeds nie verstaan hoe Suid Afrika R750 miljoen aan my Provinsie Alberta Kanada teen 2.3 % leen nie . Leen julle by die Sjinese en dan leen ons dit van julle. Almal hier in Kanada is verbaas. Dit was so 2 weke gelede ons koerante was vol daarvan

Marinda ·

Ooo wee, hoor net die sirene. Hier kom ñ probleem. Oops, maar gelukkig is dit nie my probleem nie. Eskom ek dink julle is dieper in die tjol as wat julle tekene gee.

Mense, ons beter ons self maar goed voor berei vir die winter wat vir ons voorlê wat Eskom vir ons ge”create” het.
Eskom het meer as ñ redings bootjie nodig. Hulle benodig ñ ambulans.

Jerry ·

“Eskom must fall”! Eskom maak die kaders ryk en die land bankrot! Hierdie mense het geld geproe soos n leeu wat bloed geproe het! Hulle gaan nie ophou plunder nie, omrede hulle die denke huldig dat hulle slagoffers is en dat die geld wat hulle al die jare ontse was, hulle nou toekom!

Michelle ·

Daar moet baie meer geleenthede word, dis Eskom almal moet rond gery word daar moet seker gedeeltes vir Mei maand se verkiesing se party ook gehou word weet nie daar is seker paar wat gou familie Dubai wil gaan wys. Ons almal sal later hoor wat ons gedeelte is wat ons moet bydra as hul klaar geleen het wees geduldig asb anders sit ons weer sonder krag.

Stebastiaan ·

Hierdie China lenings, soos hierdie regering aangaan en daardie lening kan nie terug betaal word nie, wat gaan die uiteinde wees? China kom vat ons land vir die skuld en ons kan niks doen nie, want ons is mos ‘n minderheid. Is dit nie wat met Srilanka gebeur het nie? Het so voëltjie hoor fluit. Dit lyk my dit is hoekom die staat eintlik die grond en eiendom wil ontein sonder vergoeding. Ons sal regtig minder moet praat en iets daadwerklik moet doen.

Jean ·

Dis soos om n stukkende kar aanhou vol petrol maak…staan daar kan nerens meer nie..n siek verrote monster wat aanhou geld sluk,hoe meer geld hoe meer probleme!!! Ek is ook van mening daar le iewers n hele paar miljard vir salarisse en natuurlik daai buitensporige bonusse!
Om van siek te word!

Alida ·

Ons kan NIKS doen nie. Die gemors is te groot en die put te diep. Ons sal nooit hier uit kom nie. Mens wil huil oor hierdie situasie. Hoe op aarde het SA tot hierdie vlak gedaal. Die antw is duidelik. Die ANC het ons werklik afgetrek tot hier. Dit is n gruwelike skande dat die diewe steeds vry rondloop en nie vervolg word nie.

Dries du Toit ·

En Alida jy dink die DA sal die oplossing wees. Regtig ??

Boerboel ·

Daar is tans omtrent so 4000 Mega watt beskikbaar war deur Privaat Krag voersieners op gewek word. Eskom stel lyk my nie belang om dit te koop en in die grid te sit nie. As die winter baie koud gaan wees gaan daar baie onderbrekings wees. Dit kan n’ baie lang , koue en donker winter word. As die 4000 mega Watt in die grid opgeneem word sal dit groot druk verlig op spitstye. My Raad is kry gas stoof, son geyser en inverters. AS die hele net werk tuimel kan ons vir tot 3 tot 5 dae geen krag kry nie. Hierdie probleem is nou baie erg. Die land se ekonomie sal die nie kan vat nie. Die myne sal letterlik tot stilstand kom.

AV ·

Met Eskom wat ons almal so boelie!
Skakel gerus vir Terry Moss by All Power.

Jerry ·

Om iets daadwerkliks te doen, is om te emigreer! Diegene wat nie kan emigreer, is iets daadwerklik om saam te staan en die geldkrane na die staat toe te draai, dit behels om onafhanklik te wees van die SOE’s, ingesluit Eskom en om belasting te weerhou, daar waar dit wanaangewend word. Om die grondwet en internasionale reg te gebruik om pensioenfondse te beskerm teen staatsgedwonge voorskriftelike aanwending. Iets daadwerkliks sluit egter alle vorme van konflik uit, omrede dit die staat instaat stel om met wetstoepassing en vervolging alle weerstand te breek. Met die ANC aan bewind en die afwesigheid van eenheid by opposisiepartye oor gemeenskaplike sake, moet alle daadwerklike optredes tans bejeen word asof jy op baie dun ys beweeg, tensy alle teenrevolusionere opposisiepartye gemeenskaplik kan begin saamstaan, dan raak dit n ander “ball game”. Dit sal die yslaag dikker maak vir daadwerklike optrede en die yslaag onder die ANC verdun! Dit is egter tans nie die geval nie, dit is hoekom opposisiepartye en burgerregteorganisasies nie die ANC doelbewuste kaderontplooiing en staatsmislukkings (revolusionere suksesse) kan verhoed of stop nie! Aan die revolusionere kant van die draad, is daar ideologiese gemeenskaplikheid en samewerking tussen die ANC/EFF/BLF. Aan die teenrevolusionere kant is dit egter tans elke groep vir homself! Voordat opposisiepartye en burgerregte se leiers nie saamstaan om op te staan, kan iets daadwerkliks nie gedoen word om die ANC te stop nie en is die onus op jou as individu om onafhanklik te raak!

Gemaskerde Sopbeen ·

As hulle net vir ses maande die geldjies vat van die “willie-werkie bende” wat deur 5 miljoen belastingbetalers gedra word…..is daar genoeg moola om Eishkom te “red”. Maar dan verloor jy dalk die “election”…..As jy die “election” verloor, kry jy darem seker nog jou pensioen, maar niks sous nie…..en dan “erf” die volgende regering die sukkelende Eishkom, S-Y-Bie-Sie, Pra-saam, De-not en nog ‘n paar ander…Hey? Dis ‘n plan??

Alida ·

Ons wil almal belasting boikot punt is ons kan nie. Die wat emigrasie skree wat soek julle nog hier? Hou op bollie praat en doen self iets aan jou eie familie dan staan julle mos saam as n familie. Dis maklik om raad uit te deel op sosiale media maar sit self ewe knus in jou eie tronk. Sluit oop en vlieg landuit as dit so maklik is.

Dries du Toit ·

As jy geld het om te immigreer is dit n logiese ding om te doen maar die tragedie is jy los onskuldige mense agter wat jou familie, vriende en dierbare volksgenote is. Dit is hartverskeurend. Vind my liewer op die ashoop saam met my volksgenote as op die skitterende verhoeë van die vreemde. Kom laat ons terug slaan. Gaan stem net asb.

Boerboel ·

Jerry ek wens ek kon dit gedoen het, maar my uurglas het uitgeloop, ek is te oud, ek glo nie ek sal daar werk kry nie, miskien Kanada, My vraag is hoe kry ons die mense om saam te staan , Belasting moet jy betaal of jy beland in die tronk, die land gaan agteruit, en ons kan niks doen nie, jy moet vir jou self sorg, Wie kan ons help om te baklei vir ons?

Alida ·

Dries du Toit waar het ek enigsins iets van die DA gese. Jy gooi nou n klip na my.

Dries du Toit ·

Jammer Alida ek is dan verkeerd. Gedink jy gee altyd hoog op vir die DA. Jammer

Josua Keys ·

Wie gaan hulle monitor om te sien of die geld werklik reg bestee gaan word en nie weer in een of ander kader se sak beland nie, besighede aan wie Eskom geld skuld moet dit in die nuus plaas en sodra daardie skuld gedelg word bekend maak aan die publiek sodat ons ons belasting geld kan monitor want duidelik kan die regering nie en op die manier kan ons dan ons eie geld bestuur.

Penellope Jones ·

Wat hulle nie besef nie is dat hulle hulself al dieper in die verknorsing in leen!

Tipies ·

Tipies Afrika hool. Plunder en dan permanent geld leen om aan te hou plunder. Emigrasie is die beste opsie vir nugterdenkendes.

Boet Fasie ·

So Eskom was alweer by die ” loan sharks” siestog, volgende maand is hulle weer daar – bakhand !!!!!!!

Jerry ·

Boerboel, geen mens en geen organisasie op hulle eie gaan jou kan help nie. Almal saam sal dalk, maar dit is ook reeds, te betwyfel. Die uurglas om saam te staan en iets daadwerkliks uit te rig het reeds leeg geloop. Om nou saam te staan sal onvermydelik lei tot konflik en waarvoor die opposisie glad nie gerat is nie. Die opposisiepartye het die revolusioneres ongelukkig toegelaat om te magtig te word deur nie die staatsmislukkings te stop nie. Om te dink dat hulle dit na die verkiesing gaan regkry as hulle dit nie voor die verkiesing kon doen nie, is blote politieke wensdenkery omrede die volgende sarsie staatsmislukkings (revolusionere suksesse) wat na die verkiesing aan die lig sal kom het reeds weer reddingsboeie ontvang, ook vir botallige amptenary (ANC revolusionere strukture) se salarisse. Ek is bevrees dat die verdelende politieke standpunte en sienings nie uitgesorteer kan word nie, nie eers deur die grootste tragedie van alle tye soos wat sekere burgerregteorganisasies voor wens nie. Dit gaan doodeenvoudig nie gebeur nie. Dit gese, dit daar gelaat, wonderwerke gebeur nog en terwyl die son more weer skyn en ons steeds asemhaal, leef en laat leef ons uit dankbaarheid en ruil ons maar steeds idees uit oor die aanslag en hoe om dit die beste die hoof te bied. Ons hoef nie, maar wat moet ons anders doen, ons kan nie net heeldag en aldag braai nie, daar is mense wat ons nodig het omdat hulle nie wou luister nie!

Alida ·

Dries die een party is soos die ander dieselfde magsbeheptheid. Moenie stres nie ek sal stem en die wat ek van weet wat nie gaan stem se hare was.

Dries du Toit ·

Alida ons kan nie so veralgemeen nie. Die VF+ veg nou al vir jare met n skrale ondersteuning van die mense vir wie hulle veg. As dit oor mag gegaan het sou hulle al lankal ander weiveld gaan soek het. Jy kan maar glo in die integriteit van hulle parlementslede. Dit is manne wat werklik omgee oor die toekoms van die minderhede in die land. Hulle kry nie geld van die regering om ons saak by die VN te gaan stel nie. Hoe kan ons hulle nie ondersteun nie ????

Ai.. ·

Eskom gaan val dit is n feit.
Hoeveel hulle gaan opsuig voor hul inmekaar tuimel is die vraag..skuld wat nie terug betaal sal kan word nie, wat is die versekering wat gegee is indien nie terug betaal word nie? Dit lyk donker baie baie donker…Mooi man anc mooi julle het dit reggekry om Suid Afrika lettlerlik terug na die steentydperk toe terug te vat met jul onbevoegdheid en korrupsie…Jul klomp vrot viskoppe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.