Eskom-ondersoek gaan Gupta-broers dagvaar

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die parlementêre ondersoek oor Eskom het Dinsdag besluit om die Gupta-broers, voormalige president Jacob Zuma se seun Duduzane, en voormalige voorsitter van die SAL Dudu Myeni, te dagvaar om te kom getuig.

Die persone is genooi om op 13 Maart voor die komitee te getuig, maar hulle het versuim om op te daag.

Myeni beweer sy het gesondheidsprobleme en kan nie oor lang afstande reis nie. Sy het versuim om ʼn doktersbrief in te dien.

Die Gupta-broers, wat na bewering miljarde rand van Suid-Afrikaanse staatsondernemings afgerokkel het, het die komitee laat weet dat hulle nie tans in die land is nie.

Die komitee ondersoek bewerings van wanbestuur en korrupsie by Eskom sedert verlede jaar. Die komitee het Dinsdag die besluit om hulle te dagvaar agter geslote deure geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lolla ·

Bied hulle geld in koevertjies aan, dan sien jy hoe gou gou is hulle gesond en net om die draai….

LB S ·

En WAAR is DUDU? Kruip seker in Nkaaaaandlaaahh se kelders weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.